God se Verbond met die Mensdom

God se Verbond met die Mensdom

Deur Jen / 23 November 2020 / Ewige Verbond

Sedert die begin het God deur middel van beloftes of verbonde met mense omgegaan. Daar is twee hoofverbonde in die Bybel wat al die ander verbonde saamsnoer: die verbond van werke en die verbond van genade. Die verbond van werke is in die tuin met Adam en Eva gesluit toe hulle opdragte ontvang het, met die waarskuwing van straf vir ongehoorsaamheid.

Die Here God het die mens beveel: “Van al die vrugte in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.”

–Genesis 2:16-17

As hulle die Here gehoorsaam, sou hulle leef en die seëninge wat met gehoorsaamheid gepaardgaan, ontvang. Indien hulle ongehoorsaam sou wees en van die boom van kennis van goed en kwaad eet, sou hulle sterf. Ongelukkig was Adam en Eva ongehoorsaam en het hulle God se verbod oortree. Die gevolg daarvan was dat allerhande soorte verderf in die wêreld gekom het.

God het geweet dat hulle nie uit hul eie sy wette sou gehoorsaam nie. Hulle val het Hom nie onkant gevang nie. Presies waarom God verkies om dinge te doen soos Hy wil, sal ons nooit begryp totdat ons Hom van aangesig tot aangesig sien nie. Maar Hy is God en weet, veel beter as ons, wat gedoen moet word.

Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede;

Ek is God, daar is geen ander nie;

Ek is God, daar is niemand soos Ek nie.

Ek kondig vantevore aan wat later sal kom,

lank tevore al wat nog nie gebeur het nie.

Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur,

wat Ek wil doen, doen Ek.

–Jesaja 46:9-10

Deur die val het God vir ons gewys dat ons nie uit ons eie sy wet kan gehoorsaam nie. Nie eers Adam en Eva kon, wat in ons oë seker die eenvoudigste reëls was, gehoorsaam nie.

God is barmhartig en genadig en het onmiddellik ná die val ‘n verbond van genade ingestel; dit sou later as die Nuwe Verbond bekend staan. Dit word die eerste keer in Genesis 3:15 vermeld. Daar word nie veel daaromtrent gesê nie, maar dit is die belofte waaroor die genadeverbond gaan: God se belofte van ‘n Verlosser.

Hierdie verbond of belofte berus nie op ‘n persoon se vermoë om ‘n belofte te hou nie, maar God se vermoë om beloftes na te kom. Verlossing en ewige lewe saam met God berus nie op iets wat ons moet verdien of doen nie, maar op wat God reeds gedoen het en nog steeds doen.

Dwarsdeur die Bybel sien ons hoe God kleiner beloftes, of verbonde, sluit wat almal dui op die groter genadeverbond. Die verbond wat Hy met Noag gesluit het, is een so ‘n belofte. Nooit weer sou God die aarde deur ‘n vloed vernietig nie. In plaas daarvan sou Hy die aarde bewaar sodat mense kan lewe, floreer en vermeerder en die aarde bewoon en daaroor heers sodat Jesus op die bestemde tyd en deur die regte stamboom gebore sou word. Sy geboorte lui die hoogtepunt van die genadeverbond in. Hy is gebore om te sterf. Hy is gebore om te sterf vir die sondes van dié wat hulle hoop in Hom vind. Hy is gebore sodat ons deur Hom van die straf van God gered sal word. Hy is gebore om te sterf om die beloftes wat God aan ons gemaak het, te vervul.

Kyk na Jesus,

Week 1 Uitdaging:

God het ‘n onvoorwaardelike en ewige verbond met Noag gesluit. Maak hierdie week tyd om te dink oor die maniere waarop God jou onvoorwaardelik geseën het. Verdien jy die seëninge wat God jou gegee het? Gedurende die Kerstyd, let op hoe God jou oorvloedig meer seën as wat jy besef, vra Hom om jou daaraan te herinner en erken dat alles wat Hy aan jou gee eintlik Syne is.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse