God se Barmhartige Verruiling

God se Barmhartige Verruiling

Krista Taylor

Skiet Tekort

Ek speel graag mini-golf. My gunsteling baan is in Cocoa Beach, Florida. Dit is pragtig ontwerp met palmbome, grotte, watervalle en lewendige krokodille langs die baan! Alhoewel ek hou van die kompetisie om met familie of vriende te speel, is ek nie baie goed nie. Op die puntekaart is daar ‘n vasgestelde aantal kere wat jy die bal in die gaatjie moet kry. My telling is altyd ver hoër! Dit is ‘n verligting dat ons die puntekaart kan weggooi en roomys kry wanneer die wedstryd verby is! Ek is dankbaar dat my speelvermoë nie ‘n impak het op hoe my gesin my na die tyd behandel nie of bepaal of ek goed genoeg is om met roomys te seëvier nie.

Op ‘n baie groter manier is ek so dankbaar dat God ons nie behandel soos wat ons sonde verdien nie. As Hy boek gehou het van al die maniere waarop ons nie die paal gehaal het nie, wie sou staande gebly het? Ons lees vandag in Daniël: “Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U.” (9:9).

Ons rebellie teen Hom is nie so eenvoudig soos om ‘n hoë telling in mini-golf te hê nie. As ons eerlik is, ons rebellie teenoor Hom is baie meer ernstig. Ons het met trots geleef en ons besig gehou met selfsugtige ambisies, jaloersheid, afgodery, skinderpraatjies, laster… en die lys hou aan. Sommige van ons het in seksuele immoraliteit, haat en dronkenskap geleef. Ons toestand is eintlik baie erger as wat ons bereid is om te erken. Soos die Israeliete, het ons in opposisie teenoor God geleef.

God se Groot Genade

Ek hou baie van wat Daniël bid in Daniël 9:18b-19: “Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhartigheid. Hoor, Here! Vergewe, Here! Gee tog ag op ons en tree op! Ter wille van Uself, moenie talm nie, my God. U Naam is oor u stad en oor u volk uitgeroep.”

Die beroep wat hier gemaak word is volkome gebaseer op wie God is en wat Hy kan doen. Daniël vra vir God se barmhartigheid en genade, ten spyte van ons sonde. God is volmaak, en Hy handhaaf ‘n volmaakte standaard. Die waarheid is dat niemand van ons dit kan gestand doen nie. Nee, nie een van ons nie.

In Romeine haal Paulus Psalm 14:1-3 aan: “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie; daar is niemand wat verstaan nie; daar is niemand wat God soek nie. Almal het weggedraai; saam het hulle waardeloos geword; daar is niemand wat goedhartigheid bewys nie, selfs nie een nie” (Romeine 3:10-12). Dit is ‘n waarheid wat sedert die tyd van die Ou Testament verstaan word, sedert Adam en Eva in die tuin teen God gesondig het.

Ek is so dankbaar vir God se medelye met ons in Christus Jesus. Dat Hy vir ons ‘n manier voorsien het om tot Hom herstel te word. Mag dit nooit ophou om ons te verstom dat Hy ons ‘n skoon bladsy gegee het, ons verloortelling in mini-golf geneem het en dit vir roomys verruil het. Mag ons harte gevul wees met dankbaarheid. Mag ons, wat nuwe skeppings is, deur die krag van die Heilige Gees wat nou in ons woon, probeer om vandag in Sy weë te wandel!

 

 

Krista

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs