

‘n Paar jaar gelede het ek en my vriende mekaar begin uitvra om uit te vind wat elkeen van ons geliefd laat voel. Was dit geskenke, opbouende woorde, kwaliteittyd, fisieke aanraking of diensbaarheid? Om uit te vind wat elkeen van ons die meeste geliefd laat voel, het die manier waarop ons met mekaar omgaan en mekaar bemoedig verander!
Wat laat jou die meeste geliefd voel? Ek voel die meeste geliefd wanneer iemand iets doen om my te help. Jarelank was ek die persoon wat die leiding geneem het in ‘n projek of die enigste kamermaat wat iets laat regmaak het toe dit gebreek het in die plek waar ons gewoon het. Ek sal nooit vergeet toe ek in ‘n nuwe plek ingetrek het en een van die kamermaats ‘n lig vervang het voordat ek dit kon doen. Ek was oorstelp van vreugde!
God se perfekte liefde
Elke mens, of jy ‘n volgeling van Jesus is of nie, begeer om innig liefgehê en erken te word. Dis hoe God ons gemaak het. 1 Johannes 4:7-8 sê: “Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.” Daar in die Skrif sien ons hoekom ons die begeerte het om lief te hê en liefgehê te word. Liefde kom van God en God is liefde.
Ek glo die hoofrede hoekom mense wegdraai van die Here of Hom geheel en al verwerp, is omdat hulle nie glo dat God liefdevol is nie. Hulle sien God net as ‘n kwaai en veroordelende god wat nie vir hulle omgee nie. Sien ons egter God in die Skrif as kwaai en ‘n regter? Ja, maar in reaksie op sonde. God is ook baie genadig en goedhartig.
God se getroue liefde
Dink ‘n bietjie aan seisoene in jou lewe waar jy die meeste geliefd gevoel het deur God, en in kontras, aan seisoene in jou lewe waar jy ongeliefd en vergete gevoel het deur God. Sommige mense glo makliker dat God liefde is as dinge verloop soos hulle gehoop het, maar dis moeiliker om te glo dat God liefde is wanneer gebede nie beantwoord word nie. Dis hoe sekere seisoene in my persoonlike wandel met die Here gevoel het. Het jy ook al so gevoel?
Een van my gunstelingdele in die Skrif is in Josua 4, waar God die Israelities opdrag gee om “klippe van herinnering” op mekaar te stapel, om hulle te herinner aan hoe Hy hulle gered het. In seisoene waarin ek getwyfel het dat God liefdevol is, het ek altyd Josua 4 onthou. Wanneer ek sukkel om te glo dat God my liefhet, kyk ek terug op my lewe na my eie “klippe van herinnering” en dink aan die baie maniere waarop God sy liefde vir my gewys het. Weet jy wat? Selfs al het God nooit vir my in my lewe gewys hoe lief Hy my het nie, hoef ek net na die kruis te kyk en sien hoe lief God my (en ons) het deur sy Seun, Jesus, wat vir ons gesterf het.
God is liefde en liefde kom direk van Hom af. Ek bid dat jy dit ook sal begin glo, as jy dit nie alreeds glo nie. Ek wil jou ook uitdaag om terug te kyk na maniere hoe God jou gewys het dat Hy jou liefhet. Mag ons nooit vergeet van die stoorkamers van liefde wat God mildelik op ons uitstort nie.




