Gevaarlike vriendskappe

Gevaarlike vriendskappe

Ons droom almal van die tipe vriendskappe wat ons in films of op TV sien. Dié tipe waar meisies van laerskooldae al vriende is, hulle ken mekaar so goed dat hulle mekaar se sinne kan voltooi, en hulle is absoluut lojaal teenoor mekaar. Die tipe vriendskappe wat, ongeag die kilometers, maande of jare uitmekaar, hulle altyd aangaan waar hulle opgehou het.

Ja, ek ook.

So, wat doen die res van ons wat nie geseën is met ‘n ‘bestie’ van ons laerskooldae nie en wat deur die jare ‘n paar “vriendskapsstorms” moes deurstaan?

Eerstens moet jy besef dat jy nie alleen is nie. Nee, niks is fout met jou nie. God het elkeen van ons gemaak met ‘n verlange om geken en geliefd te wees. Geen wonder dat die TV-reeks ‘Friends’ so gewild was in die negentigerjare nie. Die skrywers van die TV-reeks het ons natuurlike verlange om die begeerte van egte lewegewende vriendskappe te hê ten volle benut. Ongelukkig is dít wat ons op TV of in die films sien, nie wat baie van ons in ons eie lewens ervaar het nie.

In plaas daarvan om te probeer om ons aardse vriendskappe aan daardie behoeftes te laat voldoen, moet ons leer om eerder na Jesus uit te reik. Die waarheid is dat ons aardse vriendskappe nooit die verlange sal stil wat ‘n verhouding met Jesus kan bied nie. Kom ek vertel vir jou ‘n geheim – al die foto’s van meisies wat jy op Instagram, Facebook of SnapChat sien? Moet dit nie glo nie. Ons leef ongelukkig in ‘n wêreld waar alles ‘ge-Photoshop’ en gefilter word en ons gesigte is nie die enigste ding wat verander word nie.

Wat daarvan as jy nie ‘n miljoen beste vriendinne het soos al jou ander vriendinne nie? Besef dat jy nie geskape is om beste vriendinne te wees met almal wat jy ontmoet nie. Ten eerste is dit fisies en emosioneel onmoontlik om ‘n naby verhouding te hê met ‘n groot aantal mense, en eerlikwaar, dis nie gesond nie. Onthou, vriendskappe neem tyd en dit is altyd beter om kwaliteit eerder as kwantiteit vriendskappe te hê. Spreuke 12:26 herinner ons aan hierdie waarheid.

Iemand het eenkeer gesê vriendskappe is soos tuine: Dit word die beste natgelei met liefde. Ek hou van daardie analogie, want dit wys hoe vriendskappe, soos enige ander verhouding, natgelei en versorg moet word, sodat dit kan groei en blom. Om iemand goed lief te hê, of dit nou ‘n vriendin, eggenoot of kind is, neem tyd, moeite en groot doelgerigtheid. Om goeie vriendskappe te kweek, moet jy Spreuke 12:26 ‘n werklikheid in jou lewe maak en ook leer om versigtig te wees met wie jy toelaat in jou binnekring, na aan jou hart en jou gesin.

Dit beteken nie dat ons nie verwelkomend, vriendelik en inklusief teenoor ander moet wees nie. Dit beteken dat ons lewens, ons harte en ons emosies God-gegewe limiete en grense het waarbinne ons moet leer om te leef en lief te hê. As Christene moet ons altyd liefdevol wees en Christus deel met diegene in ons lewens en met wie ons gedurende die dag in aanraking kom. Ons is geroep om ‘n lig te wees in ons toenemend donker wêreld – ons moet net leer om versigtig te wees met wie ons na aan ons toelaat, sodat hulle nie ons lig uitdoof deur moedeloosheid, konflik of jaloesie nie.

Hoe lyk gesonde vriendskappe dan? Hier is een voorbeeld.

Gesonde vriendskappe wil die beste vir jou hê. Hulle is bly as jy bly is en hulle treur saam met jou wanneer jy treur. Gesonde vriendskappe is baie soos dié waarvan ons lees in 1 Korintiërs 13:4-7 gelees het. Die gesondste vriendskappe is dié wat geduldig en vriendelik is en altyd die beste in plaas van die slegste van jou glo. In plaas daarvan om afgunstig te wees op jou bevordering of wanneer jy jou voorgenome huwelik aankondig, juig hulle saam met jou en is hulle saam met jou bly. Hierdie vriendskappe fokus nie op hulleself nie en hulle hoef nie hulleself die middelpunt van die verhouding te maak nie.

Hierdie spesiale vriendskappe hou net soveel van luister as deel. Hulle is dapper genoeg om, in liefde, waarheid in jou lewe te spreek, want dit is hulle liefde vir jou wat hulle motiveer. Hierdie vriendskappe skroom nie om jou te vertel van moontlike gevaar wat hulle in jou lewe sien nie, hulle staan jou ook by deur jou storms. Hulle wil die beste vir jou hê, al hou jy miskien nie van dit wat hulle met jou moet deel nie. Bo alles wil hulle die beste vir jou hê. Hierdie spesiale vriende is bereid om werk in te sit, hul moue op te rol en jou deur moeilike seisoene in jou lewe te bid.

Terwyl Jesus Christus ons uiteindelike beste vriend is en net Hy alleen ons diepste begeertes van ‘n ware, liefdevolle vriendskap kan vervul, is my gebed vir jou vandag dat God jou sal seën met ‘n paar goddelike vriendskappe wat jou na Jesus sal wys, vir jou sal bid in jou storms, en daar sal wees om jou lief te hê op jou goeie en jou slegte dae. Ek bid dat jy ook so ‘n vriendin vir ‘n paar ander mense kan wees.

Hê God Groots Lief!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse