Gemaak vir Gemeenskap

Gemaak vir Gemeenskap

Ebos Aifuobhokhan

“God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.” – Genesis 1:27

Toe God hierdie aarde geskep het, het Hy gesien dat alles wat Hy geskep het, goed was. Nadat Hy die mens geskep het, het Hy gesien dat dit baie goed was. Ons het dus hierdie pragtige aarde en ook die kroon van God se skepping: man en vrou. Die Skrif leer ons dat Hy hulle geseën het en hulle die mag en die outoriteit gegee het om oor die aarde te heers. Mense het mede-heersers saam met God geword om te regeer en om God se skepping te versorg, om God se heerskappy te vestig en om op en oor die aarde te heers. Die aarde het ‘n voortsetting van die hemel geword, met mense as die middelpunt.

God het nie net mense geskep en gesê: “Gaan doen jou eie ding en leef hoe jy ookal goeddink” nie. Nee! Die Skrif leer ons dat mense geskep is na die beeld van God, as sy verteenwoordiger. Mense is geskep om soos God te lyk en op te tree. Omdat ons na sy beeld geskep is, is ons in staat om op te tree soos Hy optree en hoe meer ons soos Hy optree, hoe meer lyk ons soos Hom.

Ons is nooit gemaak om van God geskei te wees of om onafhanklik van Hom op te tree nie. Ons is nooit gemaak om ver van Hom af te wees nie. Ons lewens het betekenis in God, vir God en met God.

Deur God se genade is ek nou 32 jaar oud. Vir die eerste 21 jaar van my lewe het ek ver van God geleef. My lewe was in chaos. Absolute chaos. Elke aspek van my lewe het uitmekaargeval. Niks wou vir my reg uitwerk nie. Vrees en angs het oor my geheers. Ek was ‘n pion in die vyand se hande, en my lewe was gevul met verkeerde mense.

Op die 4e Maart 2012, toe ek Jesus ontmoet het, het my lewe egter verander. My lewe het letterlik verander. Ek kyk nou terug en ek is in verwondering oor ons ongelooflike en goeie Vader. Ek was altyd sy beelddraer, maar ek het nie soos ‘n beelddraer van God geleef nie.

Wanneer ons daagliks as beelddraers leef, kry ons lewe betekenis.

Ons is geskep vir God en meer as enige iets wat ek en jy in hierdie wêreld kan word, is om Hom vreugde te bring. Ons is geskep om in eenheid en volgehoue gemeenskap met Hom te leef. Nie weg van Hom nie, maar met Hom, in Hom en deur Hom.

God is die eerste lid van ons gemeenskap.  

Dit is deur gemeenskap met Hom wat ons ander gemeenskappe kan vorm en onderhou.

God het sy Woord aan ons gegee. Sy Woord wys ons aan Wie ons behoort en wat ons in Jesus kan word. Ons het goddelike gemeenskappe wat ons in hierdie hemelse reis aanspoor. Wanneer ons daagliks kies om sy wil te doen, sien ons onsself in altyd-groeiende gemeenskap met Hom. ‘n Gemeenskap is net die moeite werd wanneer die lede aktief betrokke is, tot mekaar se beswil. God het altyd ons beswil ter harte. Dit word aan ons oorgelaat om van ons kant af insgelyks, daagliks te kies om volgens sy wil te leef.

Liewe Vader, ons sal nooit u liefde vir ons verstaan nie, maar ons bid dat ons lewens elke dag vir U vreugde sal bring. In Jesus se naam, amen.

Liefde, 

Week 1 Uitdaging:

Om ‘n verhouding met iemand te ontwikkel, moet jy tyd saam met hulle spandeer. Om ‘n verhouding met God te ontwikkel, is geensins anders nie. Beplan hierdie week wanneer jy tyd sal spandeer om God se Woord te lees en te bid. Vir sommige van ons is die oggend, voor ons dag begin, die beste. Vir ander is dit dalk gedurende die dag of in die aand wanneer almal in die bed is en die huis stil is. Die tyd van die dag maak nie saak nie, die tyd wat saam met God spandeer word, wel. Kom ons werk hierdie week daaraan om gemeenskap met God te kweek.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs