Gehoorsaamheid en Liefde

Gehoorsaamheid en Liefde

Deur Ebos / 14 September 2020 / Ken die Liefde

“(En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe). Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.” – 2 Johannes 6

Vir my is hierdie vir seker een van die interessantste en mees boeiende aspekte van die Skrif; dit is eenvoudig en duidelik. Elke kind van God of persoon wat vir God wil ken, hoef bloot die Bybel op te tel en vir God te vra om vir hom of haar die weg van die HERE te wys.

Dit was nog nooit God se bedoeling dat sy kinders eindeloos en pynlik moet “sukkel” of “probeer” om Hom te ken, om te weet wat Hy vir ons begeer, of om ‘n verhouding met Hom te hê nie. Dit word alles noukeurig en bondig in die Skrif uiteengesit vir almal om bloot te kan opsoek. En die Skrif sê vir ons dat al wat ons moet doen om hierdie ongelooflike en merkwaardige God te kan liefhê, is om gehoorsaam te wees. 2 Johannes 6 vertel vir ons dat wanneer ons aanvoer dat ons God ken en Hom waarlik wil liefhê, ons Hom dan liefhet deur Hom te gehoorsaam.

Gehoorsaamheid is liefde. Dit is God se formule. My gehoorsaamheid aan Hom is die bewys van my liefde vir Hom.

Dit beteken dat ons Hom moet gehoorsaam wanneer dit maklik is, wanneer dit moeilik is, wanneer ons nie verstaan nie, en wanneer ons wel verstaan. Totale, volkome, onweifelende gehoorsaamheid.

Uit eerstehandse ondervinding weet ek wat dit beteken en hoe dit voel om God te gehoorsaam wanneer ons nie verstaan nie, wanneer dit verskriklik moeilik is. Ek het al tot die insig gekom en put vreugde uit die feit dat my verhouding en gemeenskap met God verdiep met elke daad van gehoorsaamheid en dit maak ontbering soveel meer die moeitewerd. Die wêreld sal weet dat jy waarlik sy kind is en dat jy Hom liefhet wanneer hulle sien dat jy daagliks God se Woord gehoorsaam.

Liewe Vader, dankie vir die gawe van u Woord wat my in lyn met u planne vir my lewe hou. Vandag vra ek vir die genade om U altyd te gehoorsaam. Ongeag die situasie of omstandighede wil ek altyd U wil doen, so help my asseblief in die naam van Jesus. Amen.

Ebos

 

Week 4 Uitdaging:

Wie in jou lewe demonstreer getrouheid? Watter tipe dinge doen hulle vir die kerk? Wat kan jy hierdie week doen om hulle te ondersteun? Neem hierdie week aksie om daardie mense in jou lewe wat die hande en voete van Jesus is en wat groot getrouheid demonstreer, te ondersteun.

 

Week 4 Leesplan:

 

Week 4 Memoriseervers: 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse