Geestelike Stryd

Geestelike Stryd

Terria Moore

“Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” – 2 Korintiërs 10:3-5

Wanneer laas was jy in ‘n argument betrokke? Hoe het jy gereageer?

God was met my die afgelope maand terwyl ek deur ‘n beproewing gegaan het. Dit was regtig moeilik. Ek het nie besef hoeveel ek staatmaak op my fisiese vermoë om die daaglikse geestelike oorlogvoering wat ek verduur het, te oorleef nie.

God het my in ‘n posisie geplaas waar al my fisiese gestoei en baklei nutteloos was. Die sluier voor my oë is stadig gelig. Ek het besef dat baie van my bakleiery uit vrees en ‘n gebrek aan geloof was.

In vergelyking met Satan is ek ‘n hulpelose lam wat veg sonder enige verdediging. Ek is mislei om te dink dat die fisiese bakleiery waarmee ek besig was, ‘n groot verskil maak. Ek het geen tasbare oorwinning gehad totdat ek in gebed tot God uitgeroep en sy geestelike wapens begin gebruik het nie.

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. – Efesiërs 6:12

Ons is in die middel van ‘n geestelike stryd of ons dit erken of nie, of ons dit glo of nie, of ons voorberei en veg of nie.

Ons vyand is nie vlees en bloed nie. Ons vyand is geestelik. Dit is so moeilik om dit te onthou namate jou woede toeneem en jy in ‘n hoek gedruk word, maar ons moet,

Vir baie gelowiges wat in ‘n geveg is, is dit ‘n geveg teen ‘n mens. Terwyl ons teen ‘n ander persoon veg, vernietig ons eintlike vyand, Satan ons.

Al ons gevegte word geestelik geveg en gewen. Wanneer ons ons geduld verloor of wanneer ons al ons wil verloor of wanneer ons ons fisiese oë glo en fisies begin veg, hou Satan baie daarvan.

Satan het nog nooit ‘n geveg gewen wat streng binne die geestelike ryk geveg is nie. God seëvier altyd.

Hy sal ons oortuig dat ons niks sal bereik deur te bid, dat God ons nie hoor nie en ook nie sal optree nie. Dit is leuens! Satan is ‘n leuenaar!

Satan se strategie is om die toepassing van God se Woord te blokkeer sodat ons deur sy leuens gyselaar gehou word. Wanneer ons egter alles wat na ons gegooi word en elkeen van daardie dinge deur God se Woord filtreer, breek ons argumente en struikelblokke af.

Gedagtes word gevoelens en gevoelens verander in oortuigings. Daarom moet ons elke gedagte gevange neem. Ons doen dit met die krag van die Heilige Gees. Die Helige Gees help ons om die bron van ons gedagtes en almal anders s’n te onderskei. Hy sal ons daarvan weerhou om op ons eie wysheid of die wysheid van ander, in plaas van God se wysheid te vertrou.

God het vir ons goddelike, bonatuurlike krag gegee en ons moet nie bang wees om dit te gebruik nie.

Ons moet die geestelike stryd raaksien, aanhoudend en onophoudelik bid en veg met die geestelike wapens wat God aan ons gegee het.

Wanneer die Here vir my ‘n opdrag gee moet ek outomaties weerstand, probleme en struikelblokke verwag. Ek moet verwag dat Satan sal probeer om die mense wat die naaste aan my is te gebruik in ‘n poging om my aandag af te lei, my magteloos te laat voel en seer te maak.

Hierdie wete dat ek in ‘n geestelike stryd is behoort dit vir my makliker te maak om vir my menslike vyande te bid, veral omdat ek weet wie die ware vyand is.

Ek dink aan hoe ek vroeër op argumente gereageer het: om my mening met trots te verdedig, sarkasme of stilswye te gebruik, agterbaks te wees, hardnekkig verdedigend te wees en om die laaste woord te hê. Ek besef nou dat ek vinnig en maklik in Satan se strikke getrap het.

Ek is so dankbaar vir God se beskerming. Ek is dankbaar dat my verstand en my gedagtes op God gefokus bly. Wanneer ek ongefokus is, bid ek bloot vir sy hulp en sy leiding.

Wanneer ons ‘n geestelike geveg in die gesig staar, is die Bybel en gebed ons eerste verdedigingslinie. Die geestelike stryd mag in die lewens van gelowigies voortwoed, maar ons oorwinning is verseker omdat ons in Jesus is.

Vrede en genade vir jou.

Week 4 Uitdaging:

Fokus hierdie week daarop om jou geloof tot aksie te bring. Haal weer jou notakaarte of joernaal uit en skryf sommige van die beloftes van God neer. Skryf dan langs die belofte van God hoe jy in geloof vorentoe kan stap in ‘n spesifieke area van jou lewe rakende daardie belofte en bid oor elkeen.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Terria

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs