Geen Partydigheid in die Evangelie Nie

Geen Partydigheid in die Evangelie nie

Deur Sara

Vanuit al ons vensters en uithoeke van die wêreld, hou ons dop hoe die koronavirus-pandemie ontvou. Dit het miljoene mense geïnfekteer, maar dit raak ons almal. Hierdie nuwe virus ken geen perke nie.

Daar is nog ‘n wêreldwye siekte wat geen perke respekteer nie en wat ons almal raak: vooroordeel. Hierdie virus is egter nie nuut nie.

Handelinge 10 is ‘n kleurryke beskrywing van visioene, maar basies is dit ‘n verhaal van wanopvattings en vooroordeel.

Petrus was die leier van die apostels, maar hierdie hoofstuk van Handelinge ontbloot Petrus se volgehoue oortuiging dat Jesus se opoffering slegs vir die Joodse volk bedoel was. Deur sy visioen en sy interaksie met Kornelius, het Petrus tot die besef gekom “dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is” (Handelinge 10:34-35). Hierdie gebeurtenis het jare na Christus se dood en opstanding plaasgevind, maar Petrus het uiteindelik sy dwaling en sy vooroordeel begryp. Hy het uiteindelik verstaan dat Jesus gestuur is om sowel Jode as heidene te verlos.

Vooroordeel is deurdringend en ons, as mense, het ‘n manier gevind om te diskrimineer en te verdeel op grond van byna enige eienskap: ras, geografie, kultuur, godsdiens, geslag, sosio-ekonomie, ouderdom.

Soms is vooroordeel blatant – nog ‘n haatmisdaad. Só word dit makliker raakgesien, maar ons kan nie medepligtig wees deur stil te bly wanneer ons dit gewaar nie. Vooroordeel kan egter ook subtiel wees. Op ‘n slinkse wyse kan dit vaag in die agtergrond en samestelling van ‘n kultuur verweef wees.

Vooroordeel, òf dit opsetlik òf onbedoeld is, hou wesenlike gevolge in.

Desondanks oortref God se liefde ons mensgemaakte grense. Jesus het gekom om ons te red. ONS ALMAL.

Kom ons bid om mense te sien soos God hulle sien, na Sy beeld geskape.

Kom ons vra dat enige oogklappe van ons oë verwyder word.

Kom ons vra die Here om ons te reinig van die partydigheid wat ons verbloem en die vooroordele wat ons koester.

God het elke lewe na sy beeld geskape en Hy begeer verlossing vir ieder en elke siel. Die goeie nuus van die evangelie is bedoel om gedeel te word, nie om vir jouself te hou nie. Ons word deur genade gered, nie deur werke nie, maar terwyl vooroordeel voortduur, het ons werk om te doen. Ons het nodig om beter te doen. Ons móét beter doen. Mense se lewens hang letterlik daarvan af.

 

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse