Gebou om te Hou

Gebou om te Hou

Deur Lyli / 4 Desember 2020 / Ewige Verbond

My man en ons kleinseun sit op die sitkamermat met ‘n hopie boublokke. Ons kleinman het probeer om ‘n toring te bou, maar dit het heeltyd omgeval. Hy het geskree van frustrasie, die toring omgestamp en begin huil.

Ek het op die bank gesit en stil begin bid, terwyl my man sagkens verduidelik het dat hy ‘n stewiger fondasie sal benodig as hy iets wil bou wat staande bly. Dis tóé dat die Heilige Gees aan my eiewyse hart kom pluk. Dikwels probeer ek my eie projekte oprig en ek slaag nie daarin om die Here sy wil te laat geskied nie.

Dawid wou graag ‘n huis vir die Here bou. Maar God se planne is altyd baie beter as wat ons ooit kan dink, voor vra of onsself kan voorstel. Dis ontsettend moeilik om die boustene te laat gaan en Hom met alles te vertrou. God het belowe om Dawid te seën met ‘n beroemde naam, ‘n pragtige erfenis en ‘n blywende nageslag. God het Israel sy uitverkore volk genoem en belowe om vir ewig hul Vader te wees, maar dit het egter nie uitgewerk soos Dawid gedink het dit sou nie.

Vriendin, het jou lewe ‘n bietjie anders verloop as waarvoor jy gehoop het? Klou jy aan stukke vas en wonder hoe God weer iets mooi gaan voortbring?

God herstel en verlos altyd.

Dawid se heerskappy het vir ewig geduur. ‘n Kindjie is in Betlehem gebore en Hy sit nou aan die regterhand van die Vader en tree namens jou in. Jesus is die Koning van Konings, die Leeu uit die stam van Juda en die Wortel uit die stam van Isai.

Waar ookal ons onsself vandag bevind, kan ons gló dat God soewerein is. Sy woorde en beloftes is altyd waar. Sy guns sal ons volg al die dae van ons lewe en ons sal vir ewig in die huis van die Here woon.

Vriendin, die volgende keer wat jy gefrustreerd voel en jou oë wil uithuil omdat jy nie dinge self kan herstel nie, onthou hierdie waarhede:

  • God het jou deur elke seisoen gedra. Hy het jou nog nooit verlaat om alles self te hanteer nie.
  • God werk tans in jou situasie. Hy het ‘n plan.
  • God sal jou oprig as jy Hom vertrou en jou fondasie maak.
  • God het ‘n ewige tuiste vir jou voorberei en Hy wag met ope arms vir jou.

My susters, kom ons raap onsself van die vloer af op en loof Hom. Hy is getrou. Niks kan God se plan vir ons lewens omverwerp nie. Sy glorieryke ontwerp vir ons is gebou om te hou en Hy sal tot in ewigheid regeer.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse