Gawes van Genade
Emily Hope
My man het die gawe van bemoediging. Elke keer as hy praat is dit asof sy woorde ander mense opbou. Ek het altyd gedink dat ek ‘n bemoediger was, totdat ons getroud is. Ek het vinnig gesien hoe dit lyk om voortdurend opbouende woorde te gebruik. Wat ek gedoen het was om bemoedigende woorde op klaarblyklike toepaslike tye te gebruik, nie die heeltyd nie.
Wanneer ek myself met my man vergelyk het, het ek gedink dat daar iets met my fout is. Het ek nie my geloof genoeg uitgeleef nie? Het ek my woorde gebruik om ander af te breek, in plaas van om hulle op te bou? Deur hierdie vrae te vra het ek besef dat ek wel my woorde gebruik om te bemoedig, maar die Here het my ander gawes gegee. Ek hoef nie soos my man te wees nie, en dit is ‘n goeie ding.
Hierdie mag na ‘n eenvoudige waarheid klink, maar ons worstel dikwels hiermee. As vroue vergelyk ons onsself so maklik met ander. As ma’s vergelyk ons dikwels ons kinders of ons ouerskap met ander s’n. Paulus se woorde in Romeine 12 is bedoel om dit teen te werk. Sy woorde bekragtig ons om te leef soos wat God vir elkeen van ons ten doel het.
Wanneer jy ‘n gelowige word, gee die Heilige Gees aan jou ‘n geestelike gawe. Hierdie geestelike gawes se doel is om die kerk en die koninkryk van God op te bou en te seën. Daar is ‘n verskeidenheid gawes omdat daar baie take in die koninkryk van God is.
1 Korintiërs 12, Romeine 12, Efesiërs 4, and 1 Petrus 4 lys sommige van die verskillende geestelike gawes. Die karaktertrekke wat hulle almal saambind is liefde en opoffering. Ongeag wat jou gawe is, die doel daarvan is nie om jouself of of platform op te bou nie, dis om dit te gebruik ter wille van ander en vir Christus.
Vir sommige is dit baie duidelik wat jou gawe is. Vir ander mag dit tyd neem om te besef wat jou gawe is. Die bemoediging is nie om ‘n ander se gawe te wil hê nie, maar om te floreer met jou gawe. As ek sou probeer om my man se gawes uit te leef of hartseer wees omdat ek nie sy gawes het nie, sou ek sukkel, en so ook die kerk. Wanneer ek my gawes van onderrig en onderskeidingsvermoë gebruik, vind ek dat ek my lewe as ‘n aanbiddende offer leef.
Ons huise en kerke moet plekke te wees waar ons ander help om hul geestelike gawes te ontdek en te gebruik. Wanneer ons die Heilige Gees aan die werk sien in ander, moet ons dit vir hulle sê en hulle help om maniere te vind om daardie gawes nog meer te kan gebruik.
Hierdie eenvoudige waarheid is een waaraan ons onsself daagliks moet herinner. Wanneer ons vergelyking beveg, vind ons tevredenheid. Mag ons daarna streef om lewens te leef wat oorgegee en verenig is onder die vaandel van Christus.
Week 5 Uitdaging:
Identifiseer elke dag een manier om die evangelieboodskap in jou huis te versterk. Dit kan wees deur gesinsbybelstudie deur een van ons kindersstudies te gebruik, getuienisse by aandete te deel, of saam te dien in jou gemeenskap. Hou ‘n joernaal van hierdie aktiwiteite. Hou aan die einde van die week ‘n gesinsbespreking oor wat jy geleer en ervaar het.
Week 5 Leesplan:
Week 5 Memoriseervers: