Elke Volmaakte Geskenk

Elke Volmaakte Geskenk

Angela Perritt

God gee die beste geskenke! Ek weet dit klink snaaks om dit te lees en amper elementêr om dit te sê, maar dis waar. Hy is die beste Geskenkgewer. Hoekom sê ek dit? Omdat ek nie net ‘n ontvanger van sy goeie geskenke is nie, maar Jakobus 1:17 bevestig ook hierdie waarheid:

Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelliggame geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. – Jakobus 1:17

Ek sien hierdie begeerte om ‘n goeie geskenkgewer te wees in my man. Ek is dikwels die een wat by die begroting wil bly wanneer dit kom by Kersgeskenke, verjaarsdaggeskenke en, nou ja, geskenke in die algemeen. My man, aan die anderkant, hou daarvan om sy liefde vir ons dogters uit te spreek deur wat hy vir hulle gee. Ek neig om meer prakties te wees en hy neig om meer goedgunstig te wees. En weet jy wat? Ek IS LIEF VIR hierdie eienskap van hom, want ek sien ‘n blik van God in hom wanneer hy vreugde daarin vind om ons dogters goeie geskenke te gee. Maar ten spyte van die grootste geskenk wat my man ons dogters kan gee, is dit net ‘n skadu van die geskenke wat God hulle gee. Selfs my man se begeerte om goedgunstig en gewend te wees is ‘n geskenk van God vir hulle.

In Jakobus 1:17 lees ons dat alle goeie geskenke van God kom. Enige iets en alles wat goed is in hierdie wêreld, in my lewe en in jou lewe is ‘n geskenk direk van God aan jou. Terwyl ons hierdie Kersseisoen stilstaan om na te dink oor die grootste Geskenk wat God in Jesus aan ons gegee het, mag ons tyd neem om ook dankbaar te wees vir die veelvuldige ander goeie geskenke in ons lewens.

Geskenke soos dae, maande en jare met geliefdes. Tyd is ‘n kosbare geskenk van ons Here. Ons het dit almal hierdie afgelope jaar geleer terwyl ons van ons familie en vriende afgesonder was en ons het alleen gevoel het as gevolg van hul afwesigheid. Geskenke van jare met dierbare familie of vriende sal nie meer as vanselfsprekend aanvaar word nie, maar inteendeel gewaardeer word vir wat dit is – geskenke. Geselligheid, vreugde en herinneringe wat vir jare gekoester sal word is van die mees kosbare geskenke wat God aan ons gee.

Die skoonheid van sy skepping is nog ‘n volmaakte geskenk wat God ons gee. Die majestueuse berge, die prag wat net in die natuur gevind kan word en elke sonsondergang herinner ons aan God se goedheid aan ons. Maak nie saak hoe jou dag was nie, God het altyd ‘n sonsondergang om aan jou te gee aan die einde van die dag. Jy moet net stil gaan staan en dit aanskou. Rus in daardie oomblik, laat toe dat die skoonheid jou omhels en vind troos in sy deurentydse en ewige liefde vir jou.

Ja, God is die beste Geskenkgewer en Hy is goed in wat Hy gee. Neem tyd om na te dink oor al die goeie geskenke wat God jou persoonlik gegee het en dank Hom vandag daarvoor. En moenie Jesus, ons Grootste Geskenk ooit gegee, vergeet nie!

Hê God Groots Lief,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse