Ek Is ‘n Nuwe Mens

Ek Is ‘n Nuwe Mens

Wie dink jy is jy?

Hoe daardie vraag gestel word kan ons òf in ons spore stuit en laat nadink, òf ons onmiddellik ‘n verdedigende houding laat aanneem. Die wêreld sal dit op so ‘n manier vra dat ons ons identiteit, ons doel en die waarheid oor wie God sê ons is, in twyfel trek. Dit kan ons laat voel asof ons iets verkeerds doen, op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is, of teen die verwagtings van die mense rondom ons optree.

Dit is my gebed dat jy, terwyl ons oor die volgende paar weke ons identiteit in Christus bestudeer, nie net met jou kop die waarheid sal begryp van wat ons leer nie, maar dit diep en met oortuiging in jou hart sal aanvaar. Luister na my vraag wat ek met al die liefde in die wêreld saggies vir jou vra: “Wie dink jy is jy?” Vra God om te help onderskei tussen wie jou vriende, familie en kultuur sê jy is en wie Hy sê dat jy is, sodat jy met vertroue jou identiteit in Christus kan aanvaar.

Die waarheid is dat die verwagtinge en voorkeure van ons kultuur voortdurend verander. Wat die een oomblik nog aan die orde van die dag is, word vervang deur wat ook al nuwer, blinker en meer opwindend is. As ons in die wêreld probeer inpas, beteken dit ons verberg dele van onsself wat pragtig deur God geskape is. Ons is vir meer geskep! 

Kom ons verbind ons daartoe om oor die volgende paar weke ‘n paar eenvoudige veranderinge te maak sodat ons vroue kan word wat voluit en oorvloedig leef soos Christus bedoel het.

Die wêreld sê ons verlede definieer ons. Christus sê ons is ‘n nuwe mens.

Die wêreld sê ons foute maak van ons wie ons is. Christus sê ons word in Hom geregverdig.

Die wêreld sê niks is permanent nie. Christus sê ons is vir altyd as Syne beseël.

Die wêreld sê ons is alleen. Christus sê ons is gered, aangeneem en verkies.

Die wêreld sê om God te volg perk jou in. Christus sê ons is vry.

Die wêreld sê ons moet vir ons plek aan tafel baklei. Christus nooi ons in en ontvang ons.

Die wêreld sê ons word misverstaan. Christus sê ons word volledig deur God geken.

Die wêreld sê ons is ‘n fout. Christus sê ons is met ‘n doel vir ‘n doel gemaak.

Die wêreld sê ons kan dit nie doen nie. Christus belowe om ons toe te rus vir die werk wat Hy vir ons het.

Die wêreld sê ons kan nie wen nie. Christus sê ons is meer as oorwinnaars.

Ek hoop ons vers in 2 Korintiërs bemoedig jou vandag. Miskien dink jy die waarhede hierbo is wonderlik vir ander mense, maar jy kan jou net nie indink dat dit op jou lewe van toepassing is nie. Lees weer die eerste deel van ons vers: as iemand in Christus is. Daar staan nie “net diegene wat in die bediening werk” of “net mense wat nie opgemors het nie” of “net diegene wie se lewens agtermekaar is” nie. Daar is geen bepaling wat sê ons is ‘n nuwe mens net as ons gesin dit aanvaar, of dat ons dit kan verdien deur die werk wat ons doen of die titels wat ons besit nie. 

Wanneer ons Christus as ons Verlosser aanvaar, is ons nuut gemaak. Laat vaar jou ou denkwyses, die identiteit wat jy saamgedra het omdat iemand anders dit oor jou verklaar het, die twyfel en ongeloof wat jou daarvan weerhou het om los te breek en voluit as dogter van God te leef. Maak ons vers vandag persoonlik:

“Daarom, as [voeg jou naam in] in Christus is, is [voeg jou naam in] ‘n nuwe mens; die oue is verby, die nuwe het gekom.”

In Christus is jy ‘n nuwe mens!

Week 1 Uitdaging:

In Christus is jy ‘n nuwe skepping! Skryf hierdie week al die maniere hoe jy gesien het hoe God jou lewe vernuwe en jou ‘n nuwe skepping in Christus gemaak het, neer. Vra God hierdie week om sy werk in jou te openbaar.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse