Diep Wortels

Diep Wortels

Deur Crystal / 19 Oktober 2020 / Jesus, Ons Alles

Moenie moeg word nie.

Is jy ook daar? Moeg en jy wonder of daar dan nie nie ‘n plek is waar jy ‘n bietjie kan briek aandraai en asem skep nie. Jou tenk is leeg, jy giet voortdurend uit en doen al die noodsaaklike en regte dinge maar voel asof jy niks oorhet om te gee nie. Belas met wat in die wêreld en in jou gemeenskap en in jou gesin aan die gang is.

Om die goeie stryd te stry, die wedloop klaar te maak, getrou te leef en dissipels te maak verg volharding – nie uitbranding nie. Om die waarheid te sê, ek is vandag verstandelik, emosioneel en liggaamlik moeg. Dit was ‘n moeilike jaar, die afgelope paar maande uitdagend, die laaste week was ‘n warrelwind van bedrywigheid en vreugde en lag en laat aande, en niemand weet wat in die komende maande voorlê nie. Daar is nie genoeg ure in die dag om die werk af te handel waarvoor ek ‘ja’ gesê het nie, en nie genoeg ure snags oor vir die rus waarna my liggaam so desperaat smag nie.

Ek het Jesus nodig. Maar ek het ook slaap nodig.

In vandag se leesstuk moedig die skrywer van Hebreërs ons aan om verder as die geloofsrituele (wat alles goeie dinge is) te gaan en dieper te delf. Dis nie goed genoeg om net bolangs te bly nie. My man is meesterlik op die gebied van enigiets wat met tuinuitleg te doen het, en toe ek vandag se stuk lees, het die voorbeeld my op ‘n nuwe manier getref en laat dink aan die gras in ons agterplaas. Daar is gras wat vinnig groei, wat na die beste opsie lyk – dit word gou groen in die lente, maar dis dikwels yl en swak, met vlak wortels. Dan is daar die dele wat welig voel, die soort gras waarvoor weke se sorgvuldige voeding, natmaak en sorg nodig is om net ‘n klein stukkie aan die gang te kry. Die kleur is dieper, die gras is gehard, en as die wortels eers gevestig is, sal dit self verder groei. Dis nie maklik nie, dit neem heelwat langer, maar dit is die tyd en moeite werd.

Grond wat natgemaak maar verwaarloos word, sal onkruid voortbring.

Lewens wat net bestaan uit werk en geen rus nie, sukkel om die oorvloedige lewe wat God vir ons berei het, te geniet.

Harte wat Christus aanvaar maar weier om in hulle geloof volwasse te word, verwaarloos ons Godgegewe geskenk.

Gelukkig rig die Hebreërskrywer nie net ‘n waarskuwing om nie bolangs te bly nie, maar hy bied ook ‘n oplossing. Bly ywerig. Staan vas. Onthou dat God regverdig en getrou is. Volg die diegene na wat volharding, uithouvermoë en geduld openbaar.

Ons Skrifgedeelte uit Galasiërs 6:9 bied dieselfde bemoediging: “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.” As ons moeg raak, voel tou opgooi na die maklikste uitweg – om maar net vir die wêreld weg te kruip, om na te laat om die gawes wat God jou gegee het, te gebruik en die leuen te glo dat God jou tog nie kan gebruik nie? Dit mag dalk vir ‘n seisoen maklik voel, maar die Christelike lewe is nie ‘n plek waar ons geroep word om te ‘laat slap lê’ of ‘gemaklik’ te voel nie. Jy is nodig, net daar waar jy nou is, om ‘n lig te wees wat hoop aan ‘n verwonde wêreld weerkaats. Maar ons kan dit nie goed doen wanneer ons moeg is nie.

Moenie moeg raak nie. Bring tyd met God se Woord deur, vra Hom waar jy voortgebeur het in plaas daarvan om geduldig te wag. Vra na sy wysheid om vas te stel of daar goeie dinge is wat jy gevoed het, wat jou daarvan weerhou het om in iets nog groter te belê. Rus in God se teenwoordigheid, glo in sy beloftes, sy getrouheid en sy liefde. Doen die harde, tydsame werk wat uitloop op diep wortels sodat jou geloof op die regte tyd na diegene rondom jou versprei en jy die een is wat hulle kies om na te boots.

Crystal

Week 3 Uitdaging:

Die week, benewens jou daaglikse leeswerk, lees Genesis 14:17-24 om te leer van Melgisedek. Watter tipe hoëpriester was Melgisedek? Wat beteken dit dat Jesus ‘n hoëpriester is in die orde van Melgisedek eerder as om ‘n hoëpriester in die Levitiese orde te wees soos die ander hoëpriesters van Isreal? Waarom moes Jesus se priesteramp uit ‘n ander stelsel kom?

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse