Die Skande van Swakheid

Die Skande van Swakheid

Deur Jen / 20 Januarie 2021 / Verlos van Skande

Israel was in die moeilikheid. Hulle was gedurig ongehoorsaam aan God en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. God het Israel sewe jaar lank aan die volk van Midian oorgegee. Gedurende hierdie tyd het die Israeliete vir hulself klein skuilplekke in die berge gemaak om hul vee en oeste weg te steek, omdat die Midianiete sou kom om hulle besittings te steel of te vernietig. Sewe jaar is ‘n lang tyd om deur ander onderdruk te word. Een man wat regtig verslaan en swak gevoel het, was Gideon.

God het ‘n groot roeping vir Gideon gehad. Hy sou Gideon gebruik om Midian te verslaan. Gideon het nie opgewasse gevoel vir hierdie taak nie. Hy het sy swakheid en sy beperkings geken. Hy het geweet hoe groot hierdie taak was en hoe onmoontlik dit gelyk het. Hoe kon hy alles doen wat God van hom gevra het?

Om swak te voel is algemeen. Ons is beperk, swak en het nie die wysheid en vertroue nie, sodat baie van die take wat wat vir ons voorlê, te veel lyk om te hanteer. Ek is seker dat ons almal al so gevoel het. Dalk wil jy ‘n huwelik herstel, maar die struikelblokke en werk vorentoe lyk net te veel. Dalk het jy nog klein kinders en die geskarrel tussen huiswerk, werk en ouerskap voel net te veel. Dalk lei God jou op ‘n pad wat baie geloof verg en voel jy geestelik swak. Miskien lyk die take om daagliks aan die self te sterf, om sonde dood te maak en om te doen wat reg is, onmoontlik.

Gideon het God bevraagteken. Hy het dit betwyfel dat ‘n man uit ‘n klein en onbeduidende stam enigsins iets goed vir die volk Israel kon doen, wat nog te sê om die sterk nasie Midian te verslaan. God se antwoord was eenvoudig: “Ek sal by jou wees.” (Rigters 6:38) Daar was geen belofte van verstommende wonderwerke of vuur uit die hemel nie. Die eenvoudige feit dat God by Gideon sou wees, was genoeg. Wie kan teen God opstaan? Wie kan Hom keer of sy planne in die wiele ry? Niemand!

Aan jou word dieselfde belofte gegee. God is altyd met jou. Voordat Jesus die aarde verlaat het, het Hy belowe dat Hy ‘n helper sou stuur wat vir ewig by ons sou wees. Dit is die Heilige Gees. Hy het sy intrek in elkeen van God se kinders geneem. Hy woon in jou en is daar om jou die krag te gee om selfs die take te doen wat vir jou oorweldigend of onmoontlik voorkom.

Sy teenwoordigheid stel ons in staat om te alle tye na Hom te roep. Ons kan by Hom ons twyfel, vrese, hartseer en stryd uitstort, en Hy sal dit nie teen ons hou nie. Ons kan Hom met die vrymoedigste versoeke nader en Hy sal ons hoor. Ons moet vertrou dat God in sy tyd sal optree en nie in ons tyd nie en dat alles uiteindelik sal regkom.

Ons almal kan soms oorweldig voel. In plaas daarvan om op ons gevoelens te konsentreer, kan ons fokus op die hulp wat ons in Jesus en die Heilige Gees het wanneer ons die gewig van ons swakheid voel. Moenie skaam voel daaroor nie, maar laat God deur jou werk, laat jou geloof groei.

Kyk na Jesus,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse