Die Skande van Blootstelling

Die Skande van Blootstelling

Deur Ebos / 1 Februarie 2021 / Verlos van Skande

Dit is Skrifgedeeltes soos Johannes 8 wat my heeltemal in verwondering hou oor God, sy liefde en sy strewe na my en jou.

Hierdie vrou is voor die Koning van konings gebring, voor die een wat sonde haat maar die sondaar so liefhet dat Hy sy heerlikheid verlaat het om aarde toe te kom om te sterf. Veroordeling was nie waarvoor Hy gekom het nie, Hy het gekom vir die lewe, vir transformasie, om diegene te help wat voorheen nie die pad na Hom kon vind nie. Hy het gekom om vroue, soos die vrou wat gestenig sou word weens haar skande en sonde, te help. Ja! Hy het gekom om liefde te betoon en om haar en almal wat na Hom toe kom, se sondes uit te wis. O, Jesus, ek het U so lief!

Hierdie vrou se verhaal herinner my so baie aan my eie. Jare gelede was ek diep in sonde en skande. My lewe was amper verby. Op daardie noodlottige dag het ek na God gegaan, bedek met soveel skande en skuldgevoelens en Hom gevra om nie sy tyd te mors om my lief te hê of my te gebruik nie, want ek was té stukkend vir Hom. Ek het Hom gesmeek om my net vry te maak van my probleme. Jou God en myne, wie se wese liefde is, het my opgetel, my skoongemaak en my ‘n nuwe lewe gegee, net soos vir hierdie vrou.

Ons hoef nie onder of met skande te leef nie, maak nie saak wat dit is nie. Hy is die groot Verlosser van skande, ons hoef net na Hom toe te gaan. Kruip na Hom as jy moet, loop of hardloop as jy kan, kom net en Hy sal die res doen. Hy is nie soos die ander wat lag of veroordeel soos diegene in Johannes 8 nie. Hy het gekom om ons te red en ‘n nuwe lewe te gee.

“My God, op U vertrou ek.

Laat my nie beskaamd staan nie;

Laat my vyande oor my nie juig nie.”

Psalm 25:2

As jy op Hom vertrou, sal Hy jou nie langer laat verneder of in skaamte laat leef nie. Hy maak jou skoon, vergewe jou sondes en laat nie toe dat die vyand oor jou seëvier nie. Halleluja! 

Laat ons hierdie glorieryke dag afsluit met Kolossense 1:22:

“Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel-“

 Halleluja!

Sê hierdie saam met my: Geen skande meer nie, geen skuld meer nie. Sy dood het my smetteloos voor Hom gemaak. Ek kies om vandag en vir altyd sonder skande, en afgesonder aan en vir Hom te leef.

Die volgende keer wat die duiwel of mense jou skande weer opbring, sê vir hulle: “Sy dood het my smetteloos voor Hom gemaak!” 

Halleluja!

Ebos

Week 4 Uitdaging:

Met die kennis en begrip van die vryheid wat ons in Christus het en sy belofte van vernuwing in 2 Korintiërs 5:17, skryf in jou joernaal neer hoe God jou deur hierdie studie laat groei het. Deel wat jy geleer het met jou vriende of op ons aanlyn Love God Greatly Bybelstudiegroep.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse