Die Ontstaan van ‘n Volk

Die Ontstaan van ‘n Volk

“Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. Of ‘n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy ‘n nuwe mens is.” Galasiërs 6:14-15

Vandag is ons getuies van die ontstaan van die volk van God. God het een man, Abraham geneem en gesê, “Ek kies jou om die man te wees deur wie Ek wondere gaan doen.” En daarna het God ‘n belofte gemaak. Hy het belowe dat Hy uit hierdie een man, ‘n volk gaan bou wat aan God sal behoort. Hy sal hulle s’n wees en hulle sal Syne wees. Hy sal die beskermer van sy mense wees, die Een wat getrou is wanneer hulle nie getrou is nie, die sterk Een wanneer hulle swak is.

Kan jy jou indink hoe verward en oorweldig Abraham moes gevoel het?

Die is maklik om met tye te dink dat ons sulke goeie Christene is, omdat ons ons Bybels lees, bid, kerk toe gaan en al die reëls gehoorsaam. Maar as ons so dink, het ons ‘n foutiewe siening van onsself. Ons faal daagliks, ons is ontrou elke keer wanneer ons kies om te sondig, ons is swak en maklik afleibaar. Aan die buitekant mag dit dalk lyk asof alles goed is, maar ons harte vertel die waarheid.

Toe God sy verbond met Abraham gesluit het, het Hy al die werk gedoen sodat niemand van sy volk rede het om te spog oor hoe wonderlik hulle is nie.

Net soos Paulus gesê het: “Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus.” God het deur Abraham en al sy tekortkominge gewerk om ‘n volk vir Homself te skep. Jonathan Edwards het gesê: “Ons dra niks by tot ons verlossing nie, behalwe die sonde wat dit noodsaaklik gemaak het.” Dit is maklik om onsself met ander sondaars te vergelyk en te dink dat ons beter is. Ons moet waak daarteen. Ons is niks beter nie. Ons sondig en verdien die hel, maar deur die belofte en die genade van God is ons gered. Die straf wat ons verdien het, is van ons af weggeneem en op Jesus gelê en in plaas daarvan is ons oorlaai met seëninge wat ons definitief nie verdien nie.

Soos ons verder voortgaan met die verhaal van Abraham, onthou dat ons getuies is van die feit dat God besig is om ‘n volk te skep vir Homself. Hy sal hulle God wees en Hy sal, ten spyte van al hulle rebellie, getrou bly.

Kyk na Jesus,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse