Die Offer van die Hart

Die Offer van die Hart

Jayci Williams

Het jy al ooit ‘n dom finansiële besluit geneem? Jy weet, een wat jy so graag wens jy kan terugneem? Ek het al baie keer.

Ek onthou duidelik hoe ek my verjaarsdag- en Kersfeesgeld gespaar het om die nuutste en oulikste denim broek met versierings op die sakke te koop. Daar was iets so bevredigend daaraan om ’n splinternuwe denim broek te koop om by die skool mee te spog. Die mooi komplimente en tweede kyke het my net so lank bevredig… totdat die kommentaar verdwyn het en die drang om nog ’n broek te koop weer teruggekom het.

Wanneer jy jou geld opoffer vir iets materialisties, bevredig die goeie gevoel van om iets nuuts te besit, net tydelik.

Wat van die opofferings wat ons vir God maak?

Ek skryf hierdie oordenking as iemand wat besig is om te genees van perfeksionisme, om altyd ander mense te wil plesier en om voor te gee. Ek is geen kenner om altyd ’n regte hartshouding teenoor die Here te hê nie. Maar die Here was vriendelik om my siening te verdiep oor wat dit beteken om lofoffers aan Hom te bring.

Hebreërs 13 gaan oor ’n lewe van heiligheid, gekenmerk deur gehoorsaamheid aan God, getoon deur opofferende liefde vir ander. Om hierdie soort lewe te leef is nie maklik nie, en dit gebeur nie uit ons eie krag nie. Sommige lees dalk Hebreërs 13 en dink dit is ’n kontrolelys om te volg om ’n lewe te lei wat God behaag. Ek erken dat ek soms skuldig is daaraan. Wat as ek vir jou sê die Christelike lewe gaan minder daaroor om lysies af te merk en meer oor om dag vir dag meer innig lief te word vir ons Verlosser?

Verlede jaar het ek aan ’n tien maande lange Bybelopleidingsprogram by ’n plaaslike kerk deelgeneem. Ek het stoeiend met die program begin en geglo dat my identiteit gevind word deur dinge vir God te doen eerder as om net sy dogter te wees. Ek het vir ’n paar jaar in die bediening gedien. Dit het soos ’n sweepslag gevoel toe al my bedieningsverantwoordelikhede gestroop is en my enigste “werk” vir tien maande was om van God te leer en in sy teenwoordigheid te sit.

God het daardie tien maande gebruik om my sonde aan die kaak te stel en my te herinner hoe nodig ek ’n Verlosser het. Geen van die goeie werke vir Hom wat ek gedoen het, het teruggewys na die hart van die Here nie. Ek is leeg en verlore gelaat. Te midde van loutering het God my met sy genade ontmoet. Hy het Psalm 51 gebruik om my te herinner dat my vorige, huidige en toekomstige sondes weggewas is deur die bloed van Christus. Spesifiek, verse 17-19 herinner my aan ons reaksie op God wat ons van sonde reinig.

“Here, gee my die woorde

om U lof te verkondig.

‘n Offer vra U nie,

anders sou ek dit bring;’n brandoffer wil U nie hê nie,

Die offer wt U wil hê, o God, is verootmoediging:

U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.”

In werklikheid is die enigste ding wat ons aan God kan bied, ons nederige gees. Ons moet ten volle op Hom as ons Vader staatmaak. Ons kan niks op ons eie vermag nie. Geen prestasie of perfeksie sal ooit bevredig nie. Geen kontrolelys sal ooit ons leë beker vul nie. Jesus is die lewende water waarna ons soek.

Die besef dat ons niks het om te bied nie, behalwe ’n rein hart voor die Here, maak ons vry om ander lief te hê. Ons het ’n geweldige hoeveelheid genade van ons Hemelse Vader ontvang, en nou kan ons daardie genade aan ander bewys.

Laat ons nooit moeg word om die goeie nuus van die evangelie te hoor nie. Jesus is al wat ons ooit sal bevredig. En om ’n lewe te leef wat ten volle aan Hom oorgegee is, is die moeite werd om te leef.

Terwyl jy dink aan die opofferings wat jy hierdie week maak, oorweeg waar jou hart voor die Here is. Hy geniet dit om in en deur jou te werk. Laat Hom toe om die motivering te wees van hoe jy Hom dien en ander liefhet.

 

Jayci

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse