Die Oes en die Stryd

Die Oes en die Stryd

Angela Perritt

Ons harte smag na Christus om terug te kom. Elke dag wanneer ons na die nuus kyk, nuwe berigte op die internet lees en met vriende kommunikeer, is ons harte geneig om angstig te word en wil ons hê dat die Here se terugkeer vinniger moet plaasvind. Maar soos ‘n boer moet ons geduldig wees met die oes. Ons is dalk nie professionele boere nie, maar elkeen van ons moet geestelike boere wees. Ons behoort elkeen saadjies van waarheid in die lewens van ons familielede, vriende en medewerkers te plant. Maak nie saak wat ons omstandighede is nie, God is getrou. Enige saad wat ons saai in liefde en getroue gehoorsaamheid aan Hom, lewer uiteindelik ‘n oes van geregtigheid.

Geestelike groei vind baie keer nie oornag plaas nie. Inteendeel, jare se plant en bewerking vind plaas voordat ons dalk die “vrug” van ons arbeid sien. In plaas daarvan om moedeloos te raak, moet ons leer om geduldig te wees en die wag te verduur.

Self terwyl ons wag vir toekomstige herstel, het ons nou werk om te doen. Israel se werk was die herbou van die tempel. Ons werk mag dalk wees om families te genees, onregte reg te stel, pragtige kuns te skep of waarheid te onderrig. Almal se werk lyk anders, maar ons instruksies is dieselfde: beoefen getroue gehoorsaamheid terwyl jy op toekomstige verlossing wag.

Ons weet Jesus kom terug, maar terwyl ons wag leef ons in ‘n gevalle wêreld wat deur sonde verdorwe is. In hierdie wêreld sal ons probleme, hartseer en lyding hê. Johannes 16:33 herinner ons daaraan dat Jesus die wêreld oorwin het en deur Hom, het ons ook. My seisoene van pyn en duisternis was ‘n geskenk. Ek het Christus se teenwoordigheid te midde van die lyding gevoel. Hy het vir my vertroosting gebring, my onderhou en op talle maniere voorsien.

Ons is nie net soos boere wat in die veld oes nie, maar ons is ook op die veld van stryd vir ons geloof. Die vyand kan ons nie verslaan as ons op die slagveld bly en ons geloof behou nie. Hy mag ons teënstaan en hy mag ons verdruk, maar hy kan ons nooit oorwin met God aan ons kant nie. Christus het oorlog gevoer vir die siele van die mensdom aan die kruis en almal wat sy naam dra is meer as oorwinnaars. Die liefde van Jesus het vir altyd die aanslag van die vyand oorwin. Te midde van konflik moet ons onsself bewapen met die waardheid. Die vyand se vestings kan ons nie verpletter nie, want ons vyand is reeds verslaan.

Daar is nou ‘n aftelling. Ons Here kom terug. Laat ons intussentyd ons gedagtes op hierdie waarheid gefokus hou, ons harte daarop ingestel om lief te hê in plaas van om te mor en ons oë wat gretig kyk vir sy wederkoms. Tot daardie tydstip moet ons geduldig wag, voortgaan om saadjies van geloof te plant, beproewinge en verdukkinge te verduur en standvastig in die stryd te bly. ‘n Wonderlike oes is net om die draai; die seisoen is naby, so hou aan liewe vriende!

Wees Heelhartig Lief vir God,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse