Die Meester Pottebakker

Die Meester Pottebakker

Krista Taylor

Soos God Goeddink

Toe my kinders jonk was, het hulle daarvan gehou om met klei en Perler-krale te speel. Ek het daarvan gehou om te kyk hoe hulle dinge ontwerp en maak! Borde vol pasta, reënboë en superhelde … maar soms het hulle nie van hul eie skeppings gehou nie. Hulle gedagtes het vasgehaak. Hulle het gefrustreerd, ontsteld en kwaad geword. Dit was altyd soos ‘n vars briesie wanneer ek hulle aangemoedig het om dieselfde materiaal te gebruik en weer te begin!

In antieke tye was pottebakkery baie meer algemeen as speelklei! Mense het groot potte gebruik om kos in te kook of in te bêre, asook klein bakkies en koppies waaruit mense kon eet en drink. Ek is mal daaroor hoe God in die boek Jeremia met die profeet praat deur ‘n woordprentjie. God vra die profeet om af te gaan na die pottebakker se huis, want Hy wil hê dat Jeremia ‘n baie belangrike boodskap moet oordra. “Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê” (Jeremia 18:3-4). Eers het Jeremia die proses gesien en toe het God gepraat: “Kan Ek nie met julle doen soos wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel?” (Jeremia 18:6).

Die antwoord op hierdie retoriese vraag is JA! God kan met Israel maak wat Hy wil. God se soewereine natuur, of sy oppergesag oor die skepping, bly staan. Terwyl ons as mense oor hierdie aspek van God se karakter mag worstel, kan ons rus in die wete dat Hy ‘n goeie God is al verstaan ​​ons nie sy weë nie.

God Voorsien ‘n Weg Terug Na Hom

Hy is ook ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en vol liefde (Psalm 103:8). Selfs terwyl God met Jeremia praat oor die afbreek van Israel en om weer van voor af te begin, doen Hy ‘n beroep op hulle deur die profeet: “Maar sê nou vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem: So sê die Here: Ek berei vir julle ‘n ramp voor, Ek is besig om ‘n besluit oor julle te neem. Elkeen moet hom van sy verkeerde lewe bekeer. Maak julle lewe en julle dade reg” (Jeremia 18:11). God het ook hul bose harte geken en hoe hulle sou reageer. Hulle sal antwoord: “Dit help nie. Ons wil lewe soos ons wil, elkeen wil sy eie koppige, slegte lewe lei.” (Jeremia 18:12).

Een ding uit hierdie gedeelte wat waar blyk te wees is dat as ons berou het, God kan toegee. Hy WIL hê ons moet ons bekeer van ons bose weë en Hom volg en om regverdig te lewe soos Hy ons in sy woord beveel het, maar daar is gevolge vir ons sonde. Die Israeliete het hulle nie van hulle bose weë bekeer nie en God het hulle vir 70 jaar in Babiloniese ballingskap gestuur. Elke tree van die pad was God aan die werk om sy mense te herstel. Na 70 jaar van om deur ‘n ander nasie regeer te word het Kores die Grote van Persië die Israeliete toegelaat om na Jerusalem terug te keer en die tempel te herbou waar hulle God weer kon aanbid. God gee altyd ‘n pad terug na Hom.

Wanneer die lewe moeilik is en jy verpletter voel, is my gebed dat jy sal onthou dat God ‘n meester is om alles nuut te maak! Hy het jou meer lief as wat jy jou moontlik kan voorstel en Hy wil hê dat jy Hom met jou hele hart moet soek en in sy weë moet wandel. Ons gehoorsaamheid maak saak vir God. Wanneer ons misluk, kan ons rus in die waarheid dat sy genade elke oggend nuut is. Jesus het die hoogste prys betaal om ons met die Vader te versoen. Sal jy kies om vandag saam met Hom te wandel?

Week 1 Uitdaging

Skryf hierdie week ‘n plan neer van maniere om die mense rondom jou te dien. Dit kan wees om in jou kerk te dien, in ‘n plaaslike bediening/liefdadigheid, ‘n maaltyd na ‘n vriend of bure te neem, ‘n LGG Bybelstudie met medewerkers te begin, ens.

Week 1 Leesplan

Week 1 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs