Die Grootste Geskenk – Inleiding

Die Grootste Geskenk – Inleiding

Wanneer ons ‘n anonieme geskenk ontvang, mag dit dalk opwindend en aangenaam wees, maar die rede waarom ons dit ontvang het, ontbreek. Wanneer ons beste vriendin vir ons ‘n geskenk gee, weet ons dat dit uit liefde vir ons, kennis van ons en omgee vir ons gedoen is. Afhangende van wie jy die geskenk ontvang het, dra dit ‘n sekere betekenis.

God is die Een wat vir ons elke volmaakte geskenk gee. Nie net het Hy vir ons Jesus, sy enigste Seun, as die grootste geskenk in die geskiedenis gegee nie, Hy bied ook daagliks aan ons geskenke. Hy is goedheid self, en weerhou niks goeds van ons nie, want Hy alleen is goed. Jesus Christus is die grootste geskenk wat die enigste goeie Gewer aan ons gegee het, maar Hy is nie die enigste geskenk wat ons van God ontvang het nie!

Hoop. God belowe dat ons hoop, wanneer ons dit in Jesus plaas, ons nooit sal teleurstel nie. Ons het hoop in die beloftes wat God ons gee asook hoop in ons komende verlossing. Ons kan God prys vir die gawe van hoop, omdat ons daarin sy getrouheid sien.

Geloof. Geloof dien ‘n doel, en daarsonder kan ons God nie behaag nie. Maar geloof is ‘n gawe wat deur Jesus aan ons gegee word. Deur geloof werk die Heilige Gees in ons om ons meer soos Christus te maak en om ons te beskerm teen die aanvalle van die vyand.

Vreugde. Afgesien van Christus, kan ons nooit ware blywende vreugde hê nie. Hy alleen is die bron van vreugde, en Hy gee ons elke dag vreugde terwyl ons saam met Hom wandel. Deur Christus alleen kan ons vreugde hê, ongeag ons omstandighede.

Vrede. Jesus Christus is die Vredevors. In Hom het ons vrede in ons harte en gedagtes, omdat Hy elke stryd reeds gewen het. Hy gaan voor ons uit en sal ons nooit verlaat nie.

Terwyl ons vashou aan die Gewer en die gawes wat Hy ons bied, kan ons ‘n lewe van ware dankbaarheid teenoor Hom leef. Soos ons die ongelooflike gawes wat ons in Christus het bestudeer, kan ons God aanbid en Hom prys vir wie Hy is en wat Hy gedoen het. Hy is die enigste geskenk wat ons nodig het, en Hy is die grootste geskenk wat aan ons gegee is en ooit gegee sal word.

God is die Een wat ons elke volmaakte geskenk bied.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse