Die Grootste Gebooie

Die Grootste Gebooie

Deur Angela / 30 November 2020 / Ewige Verbond

“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand, dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’

–Matteus 22:36-39

Die eerste verse wat ek vir my dogters geleer het was Matteus 22:37-39. As jy in ‘n neutedop wil weet wat God se wil vir jou lewe is, daar het jy dit.

Wees lief vir God en wees lief vir ander, is ‘n goeie samevatting daarvan.

Ek hou daarvan hoe ons die Ou Testamentiese en die Nuwe Testamentiese gebooie teenoor mekaar stel. So dikwels is ons geneig om God in die Ou Testament as koud, gemeen en ongenaakbaar te sien, maar as jy regtig tot by die hart van die gebooie in Eksodus 20:1-17 gaan, sal jy sien dat almal eintlik ook daarop neerkom om God en ander waarlik lief te hê.

As ‘n mens die Ou Testamentiese gebooie en die Nuwe Testamentiese gebooie van naderby bekyk, sal jy sien hoe Jesus letterlik lewe gee aan daardie reëls, daardie gebooie.

Jesus het ‘n ommekeer in die wêreld gebring deur Matteus 22:37-39 uit te leef. Hy het gewys hoe dit lyk om God se gebooie ernstig op te neem en dit in dade om te sit. Toe Hy dit gedoen het, het die wêreld ten goede verander.

Mense is vrygemaak – fisies, emosioneel en geestelik. Mense se lewens is van binne af na buite verander. Dié wat voorheen sonder hoop was, het hoop gevind as gevolg van Jesus. Jesus het God liefgehad met alles wat Hy gehad het en alles wat Hy was, en as gevolg daarvan kon Hy ook ander liefhê.

Terwyl ons in hierdie Adventstyd wonder watter geskenke ons aan die geliefdes in ons lewe kan gee, laat ons opnuut die liefde wat Jesus vir ons gegee het, uitdeel. Ons wêreld het regtig so ‘n behoefte om juis nou in God se liefde te glo, dit te voel en te ervaar, en hierdie seisoen is die ideale tyd om vrygewig te wees met die nimmereindigende, bodemlose liefde van Christus.

Soos ons daardie op-die-nippertjie- en moeilik-om-te-vind geskenke vir ons geliefdes kry, laat ons ook seker maak dat ons dít gee wat regtig saak maak—ons liefde.

Om liefde weg te gee kos ons niks en terselfdertyd alles.

Liefde vir God met jou hele hart, siel en verstand beteken om Hom met ons alles lief te hê en niks te weerhou nie. Dit beteken om oor Hom verheug te wees oor wie Hy is. Dit beteken om verheug te wees oor sy ongelooflike geskenk van verlossing en om te kies om lewens van dankbaarheid te leef vir wat Hy reeds namens ons gedoen het.

Om ander lief te hê beteken om vir hulle net so lief te wees as wat ons liefgehê wil word. Dit beteken om die moeite te doen om hulle eerste te seën of om die ekstra myl te loop as hulle dit nodig het. Om hulle werklik lief te hê beteken om jou pas te vertraag en regtig tyd te maak om met hulle te praat en te hoor hoe dit met hulle gaan. Of dit kan beteken om te kies om die beste van hulle te dink en eers te vergewe en nie boek te hou van die kwaad nie. Naasteliefde beteken ook om sensitief teenoor ander te wees deur te probeer om begrip vir hulle lewe te hê en jou in hulle skoene te probeer indink. Naasteliefde beteken om saam met hulle seer te ervaar, om saam met hulle te treur, en saam met hulle bly te wees. Dit beteken ons maak opofferings as hulle iets kortkom en ons doen wat ons kan met dit wat ons ontvang het.

Laat ons hierdie Kersfees kies om God en ons naaste waarlik lief te hê deur liefde te skenk aan God, ons naaste en onsself.

Mag die wêreld ons aan ons liefde ken!

Hê God groots lief!

Week 2 Uitdaging:

Hou hierdie week Sabbat. Sit een dag in die week opsy en hou op werk, strewe, skep, bou of organiseer en hou eenvoudig fees. Sluit jou familie en vriende in. Oordink jou ervaring. Wat sê Jesus oor die Sabbat? Hoe kan jy hierdie geestelike dissipline elke week in jou lewe toepas?

Week 2 Leesplan:

Week 2 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse