Die Beste Lê Nog Voor

Die Beste Lê Nog Voor

Angela Perritt

Vriendin, om in die gebrokenheid en sonde van ons wêreld te leef, is moeilik. Ek weet daar is dae wat ons harte smag na die hemel en ons gedagtes rus benodig. Rus van “wat as,” rus van vrese en rus van die onbekende. Om te leer om te navigeer deur seisoene van onsekerheid, veranderinge en onophoudelike uitdagings, deur ons harte en gedagtes te fokus op die waarhede van God se Woord, kan ons help om te fokus op die sekuriteit en hoop wat God vir ons bied.

Vandag kan ons troos vind in God se Woord. God is ‘n goeie, goeie Vader en Hy vind vreugde daarin om ons te herinner aan die beloftes wat ons moet hoor.

Ten spyte van die storms en uitdagings wat jy vandag in die gesig staar, beloof ek jou dat hulle sal ophou. Ons sal nie vir ewig uitdagings hê nie. Eendag sal ons nie meer leef in ‘n wêreld wat met sonde besoedel is nie. As gevolg van die ongelooflike werk wat Jesus aan die kruis verrig het vir die vergifnis van ons sonde, sowel as die ongelooflike gratis geskenk van verlossing wat gevind word deur geloof en nie in die dinge van hierdie wêreld nie, verruil ons ‘n tydelike hoop met ‘n ewige, lewende hoop wat nooit eindig nie.

Hierdie waarheid bied vir ons troos. Selfs op ons slegste dae het ons soveel om na uit te sien. Die beste lê werklik nog voor… so wees bemoedig, liewe vriendin.

“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ‘n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.” 1 Petrus 1:3-4

Jy dien ‘n Almagtige God wat barmhartig is. As gevolg van die opstanding van Jesus Christus, het jy ‘n nuwe lewe ontvang. Nou het jy ‘n lewende hoop, ‘n hoop wat nooit eindig nie. Hierdie lewende hoop is nie ‘n tydelike of ‘n verbygaande gevoel nie. Dit is ‘n hoop wat gewortel is in die oorwinning en die nimmereindigende krag van Jesus. Dit is ‘n hoop wat ons lewens transformeer en ons bekragtig om elke dag met moed en uithouvermoë te leef, wetende dat ons toekoms veilig is in Hom.

Ons het nie net hierdie transfrmerende hoop om aan vas te hou nie, maar ons is ‘n erfenis gegee wat onverganklik en onbesmet is en nie sal verwelk nie. In ‘n wêreld waar dit blyk of alles verval, waar skoonheid verwelk en waar die veligste beleggings oornag kan verdwyn, sal dit nie met hierdie erfenis gebeur nie. Die erfenis wat God gee word nie beïnvloed deur die wispelturigheid van ons ekonomië, die politiek van ons lande of die wysheid van ander nie. Hierdie erfenis word vir ons veilig bewaar in die hemel deur God Self.

Wees dus bemoedig, liewe vriendin. Ongeag wat jy vandag in die gesig staar, of dit persoonlike verlies, onsekerheid oor die toekoms, of die worstelinge en uitdagings van elke dag is, hou vas aan hierdie ongelooflike, nimmer-eindigende, lewende hoop wat God so liefdevol aan ons gegee het. Die erfenis wat vir ons in die hemel wag is ver bo enige iets wat ons ons kan indink. Staan sterk in die Here en aan sy ongelooflike beloftes. Dit beste lê waarlik nog voor.

Wees Heelhartig Lief vir God,

Angela

Week 1 Uitdaging

Identifiseer een huidige beproewing of uitdaging in jou lewe. Wy jouself daaraan toe om daagliks te bid en vra dat God jou genade en krag sal gee. Reik ook uit na ‘n vriend of ‘n mentor wat jy vetrou, deel jou worsteling en vra hul vir gebede en bemoediging.

 Week 1 Leesplan

Week 1 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse