Kelli Trontel
As ek iets in my lewe van veertig jaar geleer het, is dit dat ons waarlik die vreugde van die Here kan ervaar, selfs te midde van baie groot lyding. Vreugde is nie gereserveer vir die goeie dae en die voorspoedige seisoene nie. Vreugde is ‘n gawe van die Here, en dit ‘n krag, ongeag van wat ons in ons daaglikse lewens voor te staan kom.
In hierdie Skrifgedeelte nooi Paulus ons uit om ‘n ander manier van leef en dink te kies. In plaas van om vrees en angs te kies, moedig hy ons aan om te bid en te vertrou. God hoor nie net ons gebede nie, maar Hy is in beheer. Hy is soewerein en goed. Wanneer ons bid, beskerm vrede ons harte. Net soos wat dit onmoontlik is om te aanbid en op dieselfde tyd bekommerd te wees, kan jy nie tyd in gebed deurbring en nie vertroos voel nie.
Paulus se aanmoediging aan ons om te bid is iets wat ons almal benodig. Dit word egter meer dikwels oorgesien wanneer die lewe moeilik raak. Hoe dikwels is ons meer geneig om die foon op te tel die oomblik wat iets moeiliks gebeur, om ‘n boodskap aan ‘n vriendin te stuur of te bel, voordat ons onthou om ons harte en gedagtes stil te maak en neer te buig voor die Skepper wat ons ken, ons sien en elke tree van ons lewens bepaal? Vriende is wonderlik en ‘n voorsiening van God, maar hulle kan nie ware en blywende vreugde voorsien nie.
Ware vreugde kan slegs in Christus gevind word. Dit kan nie gekoop of geleen word nie.
Alhoewel die laaste vyf jaar van my lewe sommige van die moeilikste en mees verwoestende dae was wat ek nog ooit gehad het, het ek nie my vreugde verloor nie. Ek is belaster. Ek is valslik beskuldig. Ek is verraai. Ek is bedrieg. Dit was ‘n seisoen van lydsaamheid. Deur dit alles was die Here getrou. Hy het my elke enkele oggend wat ek tyd gemaak het om met Hom deur te bring, ontmoet. Sommige dae was dit vyftien minute van gebed en Bybellees, terwyl dit ander dae meer as ‘n uur was. Deur my toewyding om tyd met Hom deur te bring, het my begeerte na Hom gegroei. Soos ek meer tyd met Hom deurgebring het, was sy stem makliker om te hoor en te herken.
Die wêreld sal my vertel dat ek elke reg het om bitter en kwaad te wees oor hoe my lewe tot dusver verloop het. Die laaste tien jaar was ‘n tuimeltrein, van die dood van beide my ouers en my jonger suster, tot verraad in my huwelik en vriendskappe, wat gelei het tot egskeiding en die verbreking van baie verhoudings. Maar in plaas van om bitter te kies, het ek beter gekies. Dit is ‘n daaglikse keuse en een wat ek beslis nie oor spyt is nie.
Vrede en vreugde is sigbaar vir die wêreld rondom ons.
Die Here se vrede is ons bewaking, veral wanneer ons toegewyd bly om sagtheid, goedgunstigheid en liefde uitstraal wanneer ons verlies en verraad in die gesig staar. Wanneer ons kies om ‘n lewe afgesonderd vir God te leef, ‘n lewe wat toegewy is aan gebed en om God heelhartig lief te hê, ervaar ons die vrugte van sy belofte, wat vreugde en vrede is. Dit is nie ‘n vlietende vreugde nie, maar ‘n vreugde wat blywend is en wat ons onderhou wanneer die lewe ons aftakel.
Ongelukkig verstaan die wêreld nie die troos van blywende vreugde nie. Ons vreugde te midde van swaarkry sal helder skyn teen die donkerte. Deur ons vreugde sal ons die voorreg hê om hulle iets beter te wys en hulle aandag te vestig op die Verlosser, Jesus Christus.
Ons verhouding met God deur Jesus Christus is egter krities. Gebed is die wapen wat ons gebruik om in Jesus te bly en te veg teen bitternis en wanhoop. Gebed is ‘n uitnodiging om Hom te ken en deur Hom geken te word. Ons sal ons hele lewe lank stoei met opposisie wat bedreig voel deur ons aanbidding van die Here en ons getrouheid aan Hom. Deur gebed veg ons die goeie stryd. Deur gebed beskerm ons ons gedagtes en ons harte. Deur gebed ontvang ons die gawe van blywende vreugde en onverklaarbare vrede. Deur gebed leef ons ons lewens afgesonder van alles wat hierdie wêreld aan ons probeer aanbied.