Daar Is Altyd Hoop

Daar Is Altyd Hoop

Grace Ann Hopkins

Dit is maklik om moedeloos en wanhopig te voel dat dinge ooit beter sal raak. Sulke gevoelens is so werklik en word deur God, my Vader, gekoester. Die woord wat ek egter tussen hierdie gevoelens deur nie uit my kop kan kry nie, is hoop. Dit is te midde van die huidige beproewinge dat ek die ware betekenis van geloof en die werklikheid van hoop ontdek het. Hierdie wêreld is nie die enigste wat daar is nie. As dit was, sou ek inderdaad hopeloos gewees het.

Iets wat die Here my die afgelope paar jaar geleer het, is dat ware geloof tydens swaarkry  geopenbaar word. Dit lyk aanvanklik na ‘n harde waarheid, maar ek het geleer dat God nooit die waarheid tot ons spreek sonder om ons ook te herinner hoe lief Hy ons het nie. Die situasies waardeur ons gaan is werklik en soms baie moeilik, maar ek het uitgevind dat die beproewings waarmee ons in ons menslike liggame te doen kry, nie ons hoop laat afneem of skielik tot ‘n leuen maak nie. Dit is omdat ons nie net ‘n God het wat saam met ons swaarkry nie (Johannes 14:16), maar Hy het ook vir ons gely sodat ons die vertroue kan hê dat hierdie wêreld nie al is wat daar is nie. Openbaring 21:4 is vir my ‘n strydkreet:

“Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

God het nooit bedoel dat ons in ‘n wêreld vol pyn moet leef nie; Sy bedoeling was volmaaktheid, maar as gevolg van die mensdom se sonde, is ons van Hom geskei. In sy liefde het Hy egter sy Seun gegee om dit vir ons moontlik te maak om nou naby Hom te wees en eendag in volmaakte eenheid met Hom herstel te word. God belowe ‘n dag sonder enige pyn. Hy verlos ons van pyn op hierdie aarde en gebruik dit as ‘n brug om ons nader aan Hom en aan mekaar te laat groei en lewens te red.

Ons God is opreg besorg oor ons emosies en ons gevoelens. In Psalm 62:9 sê Hy ons moet ons hart voor Hom uitstort. Dit is so ‘n gebroke en behoeftige toestand wat Hy werklik begeer; Psalm 51:19 sê dat ons gebroke harte vir Hom ‘n aanneemlike offer en kosbaarder as enigiets anders is. Net soveel as wat Hy empatie met ons pyn het, is ons God se liefde so vurig dat Hy nie die waarheid van ons weerhou het nie. Dié waarheid is dat Hy ons so liefgehad het dat Hy sy Seun gestuur het om vir ons te sterf sodat ons vir ewig saam met Hom kan lewe (Johannes 3:16). Hy sê dat ons dit in hierdie wêreld moeilik gaan hê, maar as ons in Jesus glo, het ons reeds die wêreld oorwin. As ons in Jesus glo, het ons hoop wat kragtiger is as ons omstandighede (Johannes 16:33).

Pyn verswak nie die werklikheid van ‘n liefdevolle God nie, maar hierdie swaarkry beklemtoon eerder die onvoorwaardelike aard van sy liefde en teenwoordigheid. Psalm 139:5-10, seker een van die treffendste uitdrukkings van sy getrouheid teenoor ons beskryf dat, waar ons ook al gaan of wat ons ook al doen of voel, Hy ons vashou, aan ons sy bly en ons liefhet. Romeine 8:39 sê dat niks ons kan skei van die liefde van God wat in Christus Jesus ons Here is nie.

1 Korintiërs 13:13 sê: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is

die liefde!” Ek het eers nie verstaan wat dit beteken nie, maar nou begryp ek. Die Here sê vir ons dat geloof noodsaaklik is terwyl ons op aarde is want dit gee ons hoop. Maar wanneer ons in die hemel kom omdat ons in Jesus glo, hoef ons nie meer te glo in iets wat ons nie sien nie, of te hoop met die troos dat daar ‘n beter plek is nie. Uiteindelik sal ons Liefde sien en ten volle verstaan en vir ewig daardeur omsluit word.

Vriendin, hierdie aarde is nie jou tuiste nie. Dit is ‘n tydelike blyplek. As jy na iets meer smag, bly smag. 2 Korintiërs 5 is een van die pragtigste uitbeeldings van so ‘n verlange en sê dat “ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dit is ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan.” Dit sê verder: “Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee. Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.” Die Here het iets meer vir jou bedoel. Hy het jou geskep met die begeerte om vir ewig saam met jou en nooit geskei te wees nie. Jy is geliefd, jy het ‘n doel om Syne te wees, en jy het hoop op die ewige lewe as jy in Hom glo. Watter vreugde, watter vrede, watter troos.

Staan daarom vas in jou hoop. En dít is jou hoop:

“Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde” – 1 Tessalonisense 4:16-18

Week 4 Uitdaging:

Laat elke dag saakmaak! Vra hierdie week vir die Here om deure van geleentheid oop te maak om te deel waarom jy hoop het terwyl jy na die toekoms kyk.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse