Boots Dít Wat Goed Is Na

Boots Dít Wat Goed Is Na

Deur Sara / 18 September 2020 / Ken Die Liefde

Ek het grootgeword in ‘n tyd en plek waar WSJD (“Wat Sal Jesus Doen?”) armbande baie gewild was. Daar was soveel van hulle in my jong dae dat dit ‘n parodieë laat ontstaan het en amper ‘n “cliché” geword het.

Maar, ten diepste, is dit ‘n wonderlike vraag om in enige situasie te vra. Wat sou Jesus doen?

Sou Hy oor politieke grense uitgereik het om mense met verskillende sienings lief te hê? Inderdaad.

Sou Hy gebroke mense verwelkom het en genade betoon het sonder om die waarheid van die Skrif af te water? Natuurlik.

Maar hoe lewe ons werklik soos Jesus?

3 Johannes 11 sê: “Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie.”

Op die oppervlak klink dit relatief maklik, maar die wêreld het ‘n snaakse manier om grense te vervaag. Wat oppervlakkig mooi is, is nie noodwendig vriendelik nie. Wat aanvanklik gepas lyk, mag dalk verbloemde gewildheid of politieke korrektheid wees.

Gelukkig (en soos gewoonlik), help die Woord ons.

Fillipense 4:8 sê, “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.”

Galasiërs 5:22-23 gee ook vir ons instruksies waarop ons ons energie kan fokus en watter waardes die Heilige Gees vir ons kan kultiveer in ons lewens. “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.”

Ons kan nie God se krag, sy almag of sy ewige teenwoordigheid naboots nie, maar ons het die perfekte voorbeeld van goedheid – en Goddelikheid – in Jesus.

C.S Lewis het pragtig hieroor geskryf in sy werk The Four Loves: “ons nabootsing van God in hierdie lewe – dit wil sê, ons doelbewuste nabootsing wat anders is as enige van die gestalte wat Hy op ons natuur of wese afgedruk het – moet ‘n nabootsing van God wees: ons model is Jesus, nie net op Golgota nie. maar van die werkswinkel, die paaie, die skares, die luidrugtige eise en stuurse teenkanting, die gebrek aan alle vrede en privaatheid, die onderbrekings. Want dít, so anders as enigiets wat ons aan die Goddelike lewe op sigself kan toeskryf, is blykbaar nie net soos die Goddelike lewe nie, maar dit ís die Goddelike lewe wat onder menslike omstandighede werk.”

Ons sal nooit perfek wees nie, maar ons moet die stryd voer en bid en oefen om sy ware vakleerling te wees.

Mag die wêreld ‘n beeld van hierdie goedheid van ons lewende God en die hoop van die Hemel in ons lewens kry.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse