Betoon Medelye

Betoon Medelye

Julie McIlhatton

Het jy al ooit iemand in baie pyn gesien? Dit is erger as dit iemand is wat jy ken en liefhet. Dit kan moeilik wees om te weet wat om te doen. Liefde moet ons motiveer om iets vir daardie persoon te wil doen. Mans vind dit dikwels baie moeilik om hul vrouens in soveel pyn te sien wanneer hulle in kraam is en daar niks is wat hulle kan doen nie.

‘n Definisie van medelye is “om saam te ly”, om ‘n ander se lyding te sien en gemotiveerd te voel om hul lyding te verlig.

Net voor vandag se teks is die volk van God deur God aangespreek omdat hulle voorgegee het dat hulle die regte ding doen. Hulle vas al 70 jaar lank elke jaar vir God, maar Hy vra vir hulle in vers 5: “Was dit regtig vir my?” Dit is in hierdie konteks wat hierdie verse van onderrig aan God se volk gestel word. Daar is 3 dinge wat God vir hulle gesê het om te doen in vers 9:

  1. Oefen ware oordeel uit. Dit behels so baie – om te weet wat reg en verkeerd is, sowel as om verstandig te leef, en in elke omstandigheid die mees wyse optrede in ag te neem.
  2. Toon broederskap. Julle is almal deel van die familie van God, so wees lief vir mekaar.
  3. Betoon medelye. Wees gemotiveerd om ander se lyding te help verlig.

Jesus is dikwels beskryf as medelydend, veral met diegene wat siek was. Hy was passievol daaroor om hul siektes te genees en selfs mense weer lewendig te maak. Op ‘n stadium het Jesus met deernis na die skare gekyk en gesê hulle is soos skape sonder ‘n herder (Matteus 9:36). In Johannes beskryf Jesus homself as die Goeie Herder wat sy lewe vir die skape aflê (Johannes 10:10-11), wat ons weet Hy aan die kruis gedoen het.  

Ons leef in ‘n wêreld waar ons baie slegte nuus sien. Met soveel pyn in die wêreld, kan ons oorweldig voel. Dit kan selfs daartoe lei dat ons bitter en hard word. Ongelukkig het God se kinders dikwels “geweier om daarop ag te slaan, hulle was moedswillig, hulle het hulle doof gehou…hulle het hulle soos die hardste klip gehou…” (Sagaria 7:11-12).

Daar is tye wanneer dit wys is om nie na die nuus te kyk nie, omdat daar net soveel aan die gang is dat dit ons mismoedig laat voel. Maar dit kan ook help om ons te motiveer tot askie om ander mense in ons nabye omgewing, asook mense wat verder weg is, te help.

Daar is baie wonderlike liefdadigheidsorganisasies wat fantastiese werk doen. Ek beveel aan as jy dit oorweeg om aan ‘n liefdadigheidsorganisasie te gee, om hulle te besoek, te sien wat hulle doen, hoe hulle dit doen en ook hoe hulle hul geld spandeer. Oefen ware oordeel uit! As jy tevrede is, gee dan wat die Here op jou hart gelê het.

Geld is egter nie die enigste manier om te help nie. Jy kan ook tyd spandeer om saam met ander deur moeilike dae te gaan. Dit kan beteken om ‘n maaltyd te deel en hulle ook in die moeilike dele van jou lewe in te nooi.

Daar kan ook plekke wees waar jy vrywillig kan werk. Die kerke in ons dorp het ‘n voedselbank opgerig om diegene te help wat nie in staat is om in die basiese behoefte aan kos vir hulself en hul gesinne te voorsien nie. Dit wys God se liefde op ‘n baie praktiese manier.

Ons word hieroor uitgedaag in 1 Johannes 3:17:

“Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?”

Neem tyd om te bid en vra God om jou te help om wys en medelydend te wees. Vra Hom om behoeftes van ander waarvan jy reeds weet, in jou gedagtes op te bring. Dink na oor wat jy verstandig en deernisvol kan doen om te help. Vra God om jou te help om meer te leer oor mense rondom jou en in ander lande wat hulp nodig het, soos sendingorganisasies wat die vervolgde kerk help of ‘n nie-winsgewende organisasie wat help om vroue en meisies van sekshandel te red.

Wanneer ons oop is vir die maniere waarop God ons sal gebruik om in die behoeftes van ander te voorsien, sal ons sien hoe Hy in sy genade vir ons voorsien en ons gebruik om sy koninkryk te bevorder op maniere wat ons nooit gedink het moontlik is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse