Berg dit op

Berg dit op

Mary Leslie Racine

Ek het die afgelope tyd baie preke gehoor en baie verskillende dinge gelees oor sonde en die noodsaaklikheid om sonde ernstig op te neem. Ek sien hoe ek dit meer in my lewe moet doen. Ek is geneig om my sonde te regverdig, die skuld oor te skuif na ander, of te dink dat my sonde nie so ‘n groot probleem is nie. Dit is nie regtig lekker om dit te erken nie, maar dit is waar. Terwyl ek hierdie preke gehoor het en verskillende dinge gelees het oor die noodsaaklikheid om iets aan ons sonde te doen, het ek gesukkel om presies te weet hoe om terug te veg. Wanneer my kinders onophoudelik baklei en ek het my breekpunt bereik, hoe beveg ek die ongeduld? Wanneer dinge nie vir my uitwerk nie en ek word kwaad, hoe beveg ek die frustrasie? Wanneer ek op sosiale media kyk en iemand se “perfekte” huis sien, hoe beveg ek die begeertes wat ek ervaar? Die antwoord is in Psalm 119:10 (1953 vertaling). Ek moet God se Woord in my hart bêre sodat ek nie teen Hom sal sondig nie.

Wanneer ek God se Woord ken en dit in my hart weggesteek of gebêre het, help dit my om nie teen God te sondig nie. Dit help my om vesoeking te beveg. Dink terug aan Jesus in Lukas 4:1-13. Hy is in die woestyn en die duiwel versoek Hom. Wat is Jesus se reaksie op elke versoeking? Hy sê, “Daar staan geskrywe…” en gaan dan voort om die Skrif aan te haal. Toe versoeking op kom het Hy die einste Woord van God gebruik om terug te veg. Jesus het vir ons ‘n voorbeeld gestel hoe om sonde te beveg. As Jesus God se Woord gebruik het om versoeking te beveg, dan moet ek verseker ook.

Deur God se Woord in ons harte weg te bêre kan ons gereed wees om nee te sê vir sonde en ja vir godsaligheid. Soos ons sy Woord beter ken en tyd daaraan bestee om dit te memoriseer en dit in ons harte en gedagtes plaas, kan ons terugveg met die Skrif wanneer versoeking kom.

‘n Paar jaar gelede het iemand my op ‘n groot en pynlike wyse verontreg. Ek het redelik vroeg die besluit geneem om hulle te vergewe. Die probleem was dat die volgende gedagte kort-kort in my kop opgekom het: “Ek kan nie glo hulle het dit aan my gedoen nie, hoe durf hulle….” en ek sou kwaad en bitter word. Ek het besluit om Hebreërs 12:15 te memoriseer: “Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.” Wanneer die herinnering oor wat gebeur het in my kop opduik, het ek begin om dit met daardie vers te beveg. Niks omtrent die omstandighede het verander nie, maar my hart was anders. Tot vandag toe sal daardie herinneringe nog in my gedagtes opkom en ek sal dit moet beveg, maar ek kan jou sê dat ek geen bitterheid teenoor daardie persoon koester nie. Die wêreld sou vir my sê ek het alle reg om bitter te wees, maar die Woord sê vir my om nie eers ‘n wortel daarvan te laat groei nie. Omdat ek God se Woord in my hart weggesteek het, kon ek op daardie omstandighede reageer volgens die Gees en nie volgens my vlees nie.

Om God se Woord in ons harte weg te bêre is nie maklik nie. Dit sal tyd neem en dit sal moeite verg, maar dit is die moeite werd. Soos ons sy Woord in ons harte wegbêre, bid ek dat ons sal terugveg met die swaard van die Gees wanneer versoeking oor ons pad kom en dat ons sal oorwin in ons stryd teen sonde.

Mary Leslie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs