Afgesonder – Inleiding

Om te kies om ‘n lewe vir Jesus te leef dra ‘n hoë koste. Maak geen fout nie; dit maak ons anders. Soos ons wêreld verder en verder weg van God beweeg, moet ons lewens minder en minder soos die wêreld lyk, nie uit arrogansie nie, maar uit ons liefde vir God.

Ek weet dit is nie maklik nie. Die kulturele gety waarin ons leef is sterk. Dit is meedoënloos. Dít waaraan ons vashou is al hoe meer kritiek. Hoekom? Want as ons nie doelgerig vashou aan waarheid nie, vashou aan wat God sê reg en verkeerd is nie, dan kan ons baie tragies meegevoer word in die gety van ons kultuur. Om te kies om afgesonder vir God te leef is ‘n stryd. Dit is ‘n lewe wat alles behalwe passief is.

As ons in Christus glo, weet ons hierdie wêreld is nie ons woning nie en terwyl ons gretig wag vir ons opgestane Christus wat weer gaan kom, moet ons die meeste maak van die dae wat aan ons gegee word. Om te kies om ‘n lewe te leef wat God eer en Hom reflekteer aan ‘n wêreld wat saamgetrek word in die destruktiewe gety van ons tyd, is hoe ons afgesonder vir God leef.

Wanneer ons kies om afgesonder tot God se eer te leef, wys ons sonder om te skroom na die rede vir ons krag, die rede vir ons hoop en die rede waarom ons lewens anders lyk.

Ons lewens is veronderstel om te skyn soos ‘n stad wat hoog op ‘n heuwel is vir almal om te sien. ‘n Stad wat uitstaan, afgesonder teen die donker naglug. ‘n Stad wat skyn, nie vir homself nie, maar uit sy liefde vir God. God is die rede waarom dit die donkerte kan weerstaan en afgesonder wees. En God is die rede waarom ons ook kan.

 Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” – Matteus 5:14–16

Ek weet dit is donker en ek weet die gety waarin ons is, is sterk, maar hou styf vas aan Jesus, liewe vriendin. Hy hou jou vas. Kies om vandag jou lig helder vir Jesus te skyn terwyl jy afgesonder lewe.

 

Hou styf vas aan Jesus, liewe vriendin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse