Aanbidding as ‘n Lewenswyse

Aanbidding as ‘n Lewenswyse

Kelli Trontel

Werk as Aanbidding

“Werk is ‘n daad van aanbidding.”

Hierdie frase het ‘n radikale invloed gehad op die manier waarop ek alles sien wat ek doen – van die daaglikse take rondom die huis, die betaling van rekeninge en die grootmaak van my twee kinders as ‘n enkelma. Om God deur aanbidding te dien, is nie vervat in ‘n lied wat ons sing of ons tyd in die kerk op Sondagoggend nie. Dit is hoe ons elke dag en elke asemteug wat aan ons geskenk is, bestuur. Dit sluit ook in hoe ons, ons roepings as ma’s bestuur. Ons is deur God ontwerp vir aanbidding in alles wat ons doen.

Aanbid Deur Beproewings

 Wat van wanneer die lewe moeilik raak?

Wat gebeur wanneer ons voor onverwagte beproewings en verlies te staan kom?

As ek alles wat ek die afgelope vyf jaar eerstehands as enkelma geleer het, kan opsom, is dit as volg: “Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou.” (2 Pet. 2:9). Hy is genoeg vir ons vandag. Eksodus 14:13-14 herinner ons daaraan dat die Here die oorwinning vir die Israeliete gebring het met wat hulle reeds gehad het. Hy is oorvloedig.

Terwyl ek deur verraad en egskeiding gewandel het en ‘n enkelma geword het, was “moederskap”, soos ek altyd gedroom het dit sou wees, skielik in ‘n miljoen stukke gebreek. Die lewe het vinnig ‘n sirkus van prokureurs geword wat my vertel wat die “standaard” vir ouerskap was en ‘n regter, wat niks van my kinders geweet het nie, wat beslis het oor wat die “beste belang” vir hulle was. Wat ‘n hartverskeurende seisoen was dit nie vir my nie. Dit was ook ‘n seisoen wat my as ma laat groei het en vertrou het dat die Here werklik die beste belang van my kinders op sy hart het.

Aanbidding deur Afhanklikheid

 Terwyl ons ons babas as ons eie wil opeis, is die realiteit dat hulle aan ons geleen word. Ons is toevertrou met hierdie klein lewens. Ons doel is om met God saam te werk om hulle groot te maak.

Nadat ek hierdie groter visie, hierdie vennootskap om die Here deur moederskap te dien, besef het, het ek meer toegewyd geraak om op die Here se krag te steun en nie op my eie nie.

As moeders het ons die geleentheid om ‘n lewe van diens en aanbidding vir ons kinders te wys. Ons het ‘n spesiale invloed oor hul lewens wat niemand anders het nie. Ons is met die hand gekies om die moeder van ons kinders te wees. Jy is die vrou wat vir hierdie werk gekies is.

Terwyl ek deur die moeilikste seisoen van my lewe gewandel het, met my kinders as toeskouers in die voorste ry, was ek vasbeslote om my geloof uit te leef. Wat begin het as ‘n aanval op my huwelik, het verander in ‘n aanval op my rol as ma. Kerk bywoon was nie onderhandelbaar nie. Om in die gemeenskap te bly, elke liewe naweek kerk toe te gaan (ongeag hoe ek gevoel het) en ons huis met aanbiddingsmusiek te vul, is hoe ek staande gebly het te midde van die chaos rondom my.

My kinders het gesien hoe my vrees na geloof verander het. Ek het hulle ingenooi in die dinge wat ek gebid en geglo het. Saam as gesin het ons verhoorde gebede beleef en gevier. Daardie jare in die spervuur was die jare wat ons ten volle begryp het wat dit vir die Here beteken om ons verdediger, beskermer en voorsiener te wees.

Besluit om te Aanbid

 Beproewings kry nie die finale sê nie en hoef ons nie te verslaan nie. Dit is geleenthede wat ons perspektief op moederskap en ons behoefte aan ‘n Verlosser versterk. Moederskap is harde werk, maar dit is waardige werk. Wanneer ons ons gesinne goed dien, dien ons die Here goed. Dit is deur sy krag dat ons met ‘n onverklaarbare vreugde en ‘n lighartigheid in ‘n hardhartige wêreld kan opdaag.

My gebed vir jou vandag is dat jy sal weet en glo hoe geliefd jy is. Jy is met die hand uitgesoek om die ma te wees vir die kinders wat jy grootmaak.

Ek moedig jou aan om elke dag vir ‘n ekstra mate van genade te bid. Daar is ‘n teiken op jou rug om bloot ‘n ma te wees, veral ‘n ma wat Jesus liefhet en volg. Volg Hom noukeurig. Weet dat sy juk sag en sy las lig is.

Kies vandag hoe jy môre gaan reageer. Selfs wanneer die lewe moeilik raak, wy jou daaraan toe om die Here steeds te dien en lief te hê.

Kelli

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs