Wysheid en Jelliesandale

Wysheid en Jelliesandale

Deur Jen / 2 Oktober 2019 / Ester

Ek moes na my Ma geluister het toe sy my gevra het om nie in die rivier in te gaan met my splinternuwe, glinsterende skoene nie.  Was ek nou lief vir daardie skoene!  Ek was mal oor hoe hulle gevoel het aan my voete en ook hoe hulle gelyk het.  Myne was deurskynend met blinkertjies binne-in.  Dit was hoe ek my verbeel het Aspoestertjie se skoene ontwerp was.  Maar waarvan ek die meeste gehou het, was die klank wat hulle gemaak het wanneer ek oor sekere oppervlaktes geloop het, amper soos hoë hakke. Daardie was die “in-ding” in die tagtigerjare en ek het die splinternuwe paar skoene gekry net voor ons na die rivier toe is saam met my tannie, nefies en niggies.

Die probleem wat ek gehad het, was dat ek dit gehaat het om in die rivier rond te loop.  Ek kon die slymerige gevoel van die plante, die vrees dat iets my kan byt, en die skerp rotse wat aanhoudend my voete gesteek het, nie verdra nie en ek moes ‘n manier kry om dit te vermy.  So, toe ons ‘n boot uitvat na ‘n ander sanderige deel toe, het ek my jellie skoene in die water gedra.  Dit was nog ‘n wonderlike ding van die skoene – hulle kon nat word!

Ek was tot by my heupe in die water, toe ek skielik van my voete afgestamp word en een van my sandale afgeglip het.  Ek het verwoed oral rondgevoel en rondgekyk vir dit, maar dit was weg. ‘n Totale gevoel van hulpeloosheid het my oorval toe ek uit die water stap.  Ek het natuurlik gehuil, maar dit het nie my pragtige skoen teruggebring nie.  As ek maar net geluister het.

Dit is ‘n lawwe illustrasie, maar dit vertel steeds die storie van wysheid en dwaasheid.  ‘n Wyse person luister na die raad wat deur ander gegee word; veral na daardie mense wat ouer en wyser in geloof en die lewe is.

As ek na my ma se wysheid geluister het, het ek my skoene behou.  In die boek Ester, sien ons wysheid wat gedeel en op ag geslaan is, en dit het gelei tot ‘n baie meer belangrike uitkoms.

Ester was nou koningin.  God het haar op die troon geplaas vir ‘n baie spesifieke rede – om Sy mense te beskerm.  Hierdie Bybelse verhaal behoort ons te herinner dat God elkeen van ons geplaas het waar ons is, vir baie spesifieke doele.  Ons mag dalk nie op die oomblik weet wat almal van hulle is nie, maar ons weet wat baie van die doele vir ons lewens is.  As jy ‘n man en ‘n familie het, dan is dit om aan hulle die evangelie te bring en hulle te wys na Christus wat hulle enigste hoop op redding is.  As jy vriende het, dan is dit om ‘n goddelike voorbeeld vir hulle te stel en hulle te bemoedig.  As jy moet “inklok” by jou werksplek, dan is dit om God te eer deur jou getrouheid en werksetiek.

Al was Ester koningin, het sy nie Mordegai se raad verontagsaam nie (om haar volksverband ‘n geheim te hou).  Sy het hom gerespekteer deur nie net na sy berading te luister nie, maar ook deur te doen wat hy gesê het.

Daar word twee kosbare dinge hier uitgebeeld:

  1. Die respek vir ouderdom

Meeste mense ignoreer ouer mense.  Hulle word gesien as irrelevant en onnodig.  In die Weste plaas ons hulle in gemeenskappe waar hulle kan leef saam met ander van hulle ouderdom.  Somtyds doen ons dit om onsself te vrywaar daarvan om vir hulle te sorg, na hulle te luister, en om hulle lief te hê. Meestal eer ons nie ouer mense in die Amerikaanse kultuur nie.  Maar Ester het Mordegai (‘n ouer man) gerespekteer en geluister na wat hy gesê het. Met ouderdom kom wysheid en ervaring: “Ouderdom is ‘n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.” (Spreuke 16:31)

  1. Die respek vir wysheid

Ester het Mordegai gerespekteer.  Sy het nie net haar kop geskud en die man behandel vanuit ‘n hoër posisie nie.  Sy het na hom geluister en sy raad gevolg.  Sy het geweet dat hy meer insig as sy gehad het.  Sy het geweet dat: “Wysheid kom in die gryse ouderdom en insig na baie jare.” (Job 12:12)

Ons het almal wysheid nodig.  En God is getrou om dit te gee aan hulle wat dit vra: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” (Jakobus 1:5) Ons moet gereed wees om dit te soek as ons dit nodig het en noukeurig te luister wanneer ons dit hoor.  Die boek Speuke vertel ons oor en oor van die waarde daarvan om wysheid te bekom.  Wysheid is ‘n kenteken van iemand wat die Here vrees, wat volwasse is in die geloof en wat ‘n impak op ander sal hê.

Kyk na Jesus,

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse