Weet Jy Wie Jesus Is?

Weet Jy Wie Jesus Is?

Petra Stoneman

“Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!” –Johannes 1:49

Hoe sal jy Jesus beskryf?

In ons verse van vandag ontmoet ons vir Natanael. Hy was nie oortuig van wie Jesus was nie. Sy vriend, Filippus het gekom om die goeie nuus te deel dat hy “Hom gekry het van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.” Maar Natanael was skepties en het getwyfel aan wat Filippus vertel het.

Ek weet nie van jou nie, maar ek kan met Natanael identifiseer. As ek besig was om my alledaagse dinge te doen, en ‘n vriend daag op om sulke goeie nuus te deel, sou ek ook daaroor getwyfel het. Ek sou al die bewyse en al die feite wou hoor voordat ek sou geglo het.

Nietemin, toe Filippus vir Natanael na Jesus geneem het, het dinge verander. Alles verander altyd wanneer jy Jesus ontmoet. Jesus het natuurlik vir Natanael geken en Hy het hom met bonatuurlike kennis gegroet. Jesus het nie net geweet wie hy was nie—Hy het ook sy hart geken. Jesus ken ons harte en ons gesindhede en ook wat ons benodig. Hy het geweet dat daar dinge was waaroor Natanael getwyfel het en Hy het presies voorsien wat Natanael benodig het om te kan glo.

Hier kom die krag van woorde en verbale kommunikasie—Natanael se reaksie op die feit dat Jesus hom ken en Homself bewys as die Messias, was om uit te roep: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!”

Wat ‘n verandering in sy hart!

In ‘n paar kort verse sien ons ‘n volkome verandering in die verloop van gebeure.

Van twyfel na geloof. Van dood na lewe.

Toe ek aan die begin vir jou gevra het hoe jy Jesus sal beskryf, het jy miskien gedink aan wat Hy vir jou gedoen het, sy eienskappe of die gawes wat jy deur Hom ontvang het. Al hierdie is goeie dinge, maar hoe kragtig is Natanael se woorde aan ons oor wie Jesus is: die Seun van God en die Koning van Israel wat lewe bring!

As jy nie jou vertroue in Jesus geplaas het nie, wil ek jou graag vandag aanmoedig om Hom beter te leer ken. Leer oor wie Hy is, lees die Bybel en vra Christene om jou te vertel wie Jesus is. Hoor hulle getuienisse, net soos Natanael Filippus s’n gehoor het. Gaan dan nader en ontmoet Jesus self. God sê in sy Woord dat ons Hom sal vind wanneer ons na Hom vra met ons hele hart (Jeremia 29:13). Jesus het vir jou gesterf en God het jou innig lief. Hou aan om meer te wil uitvind en laat ander jou van Hom vertel. As jy kies om jou geloof in Hom te plaas, sal jy die mees ongelooflike verandering in jou lewe ervaar!

Indien jy al vir ‘n geruime tyd ‘n volgeling van Jesus is, neem ‘n oomblik om sy getrouheid aan jou te onthou, asook die genade, liefde en vergifnis wat Hy aan jou uitgereik het sedert die eerste keer toe jy Hom leer ken en liefgekry het. Laat jou hart gevul word met sy goedheid tot dit oorvloei, tot jy nie anders kan as om hardop te verklaar aan almal wat wil hoor: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse