Groot Lydensweek Dag 3: Wees Gereed!

Ons lees vandag Matteus 24:3-26:5. Hierdie gedeelte verduidelik volgens Matteus wat die Dinsdag voor Jesus se dood gebeur het.

Vandag se gekose Skrifgedeelte is Matteus 24:42-51 met Matteus 24:36 as ons SOAP-vers.

 

Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie,

nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie.

Net die Vader weet dit.

 

In die eerste eeu is brood gemaak deur graankorrels onder ‘n groot klip te maal. Twee vroue het die swaar klip van amper amper 32 kilogram heen en weer oor die graan gestoot. Jesus het in sy beskrywing van die eindtye na hierdie soort werk verwys.

Ons sal besig wees met ons daaglikse doen en late, om vir die toekoms voor te berei, met beplanning, feesvier, werk, om te skep, en dan sal Hy terugkeer.

Jesus ken die toekoms. Ons kan vol vertroue wees dat wat Hy gesê het, eendag waar gaan word. Totdat daardie tyd aanbreek, word ons aangesê wat ons moet doen: “Bly waaksaam!”

Ons weet dat Jesus gaan terugkeer, maar ons weet nie wanneer nie. Ons word aangesê om getrou te bly, om te bly leef soos Hy beveel het totdat Hy terugkom.

Soos Jesus Hom voorberei het op sy kruisiging, dood en opstanding, het Hy geweet wat om te verwag. Hy het sy laaste paar dae daaraan gewy om tyd saam met sy dissipels deur te bring en hulle te leer. Hy het seker gemaak dat hulle toegerus en voorbereid was op wat sou kom.

Nie eens Jesus weet wanneer Hy gaan terugkeer nie. Onderwyl Hy met sekerheid vir ons sê wat daardie dag gaan gebeur, sien ons sy onderdanigheid aan God die Vader. Die godheid is kompleks; om die Drie-eenheid te begryp en te verklaar, behels veel meer as om die drie dele van ‘n eier of die drie toestande van water te beskryf. Ons hoef nie die omvang van die verhouding tussen God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees te verstaan om ons geloof in Jesus te plaas nie. Wat ons kan doen, is om die karakter van ons God, die aard van sy Seun, en die bediening van die Heilige Gees te probeer verstaan.

Terwyl ons die roeping wat ons in Christus het bly uitleef, kan ons twee dinge probeer doen: om Jesus te volg en om ons geloof te versterk. Terwyl ons besig is om na ons gesinne om te sien, skouer aan die wiel te sit vir ons werk, God se Woord te bestudeer, ons meer toe te lê op gebed, saam met ander gelowiges te vergader, ons naaste lief te hê en ons vriende te help, kan ons uitsien na sy wederkoms. Mag ons tot dan getrou bly en sy Naam verkondig, wat dit ook al van ons mag vra.

Mag ons ons Here eer deur gereed te maak vir sy wederkoms. Laat ons gereed wees deur sy lewe, dood en opstanding te verkondig totdat Hy terugkom!

Hoe kan jy gereed maak vir Jesus se wederkoms? Met wie kan jy vandag die Goeie Nuus van die evangelie deel?

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse