Weerspieël Sy Goedheid

Weerspieël Sy Goedheid

Verhoudings kan moeilik wees.

Die ander dag het ons ‘n opvoedingsgeleentheid in ons gesin beleef toe ek met een kind moes gaan sit en vir hom die vraag moes vra: “Sal jy daarvan hou as iemand jou behandel en met jou praat op dieselfde manier as wat jy net teenoor jou broer of suster gedoen het? ” As jy ‘n onderwyser, ouer is of in enige vorm of hoedanigheid met kinders werk, is ek seker dat jy die vraag gereeld vra.

Ek kan onthou as kind dat my ma Lukas 6:31 vir my aangehaal het: “Brittany, behandel ander op dieselfde manier as wat jy wil hê dat hulle jou moet behandel.” As ek dus aan hierdie vers en ons gedeelte vandag dink, dink ek gereeld aan hierdie les wat aan jong kinders geleer word. En tog was die evangelie van Lukas nie op kinders gerig nie. Dit is geskryf vir heidene van alle ouderdomme, maar met ‘n meer volwasse gehoor in gedagte. Hierdie vers is nie net iets wat jong kinders moet oefen nie, dit is iets waarmee ons volwassenes ook moet worstel. Alhoewel oms hierdie les tot ‘n Bybelverhaal vir kinders vereenvoudig het, blyk dit dat dit eintlik baie moeilik is om dit as volwassene uit te leef.

Lukas 6:31-36 wys hoe dit lyk om ander so te behandel dat dit Christus eer. Vers 32 sê: “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net dié lief wat vir hulle liefhet.” Lukas praat nie net van maklike vriendskappe nie, maar van die moeilike en gekompliseerdes. Maar hy stop nie daar nie, hy neem dit nog verder. Jy moet nie net virende maak met diegene wat nie van jou hou nie, maar jy word ook geroep om goed aan hulle te doen (vers 33), om dinge te leen aan diegene wat jou nie kan terugbetaal nie (vers 34), om jou vyande lief te hê, goed te doen vir hulle en om jou hulpbronne aan hulle te leen sonder om iets terug te verwag (vers 35).

Dit is hoe evangelieliefde lyk as dit in ons verhoudings uitgeleef word.

Ek weet nie van jou nie, maar hierdie gedeelte lyk baie makliker as ons bloot ‘gaaf is en die mense ‘liefhê’ wat ons wil hê. Maar waarlik, hierdie tipe liefde – hierdie tipe onvoorwaardelike verhouding – is kontrakultureel. Ek wil hê dat jy ‘n oomblik moet evalueer wat jou spesifieke kultuur oor verhoudings sê.

My kultuur kan byvoorbeeld anders wees as joune, maar my kultuur vertel my dat verhoudings vir die pret is. Hulle bestaan ​​om vir my geluk te bring en as ‘n mens moeilik raak, het ek nie meer daardie toksiese energie in my lewe nodig nie. Volgens my kultuur het ek die volste reg om die verhouding te laat vaar as dit nie meer aan my behoeftes voldoen nie. Miskien stel jou kultuur verskillende verwagtinge aan verhoudings, maar wat dit ook al is, dink aan wat hierdie gedeelte oor verhoudings sê in vergelyking met die wêreld rondom jou.

En nou wil ek hê dat jy jou moet voorstel hoe jou invloedsfeer sou lyk as jy die gebooie uitleef wat in Lukas 6 van ons gevra word. Wie is dit veral moeilik om lief te hê? Wie sou jy beskou as ‘n vyand, of miskien nie ‘n vyand nie, maar iemand wat jy probeer vermy? Wie se aandag sou jy trek na die goeie nuus van Jesus as gevolg van die manier waarop jy die evangelieliefde in jou verhoudings uitgeleef het?

Vriendinne, die Skrif sê dat die wêreld sal weet dat ons kinders van God is vanweë ons liefde vir mekaar (Johannes 13:35). Wat ‘n geleentheid om te wys na die onvoorwaardelike liefde van Christus, deur nie net ons vriende nie, maar ook ons ​​vyande lief te hê.

Laat ons dus teruggaan na die begin. Verhoudings kan moeilik wees – ja. Maar moeilike verhoudings is maar net geleenthede om die beeld van God te weerspieël, want ‘Hy is goedhartig teenoor ondankbare en bose mense’ (Lukas 6:35).

Vriende, spandeer vandag tyd om te bid vir die mense wat eerste in jou gedagtes opgekom het toe jy die vrae hierbo beantwoord het. Bid ook dat God jou hart sal versag sodat jy Hom met jou hele hart, siel en verstand kan liefhê, en dat Hy jou sal help om jou naaste (vriende sowel as vyande!) net so lief te kan hê as wat jy jouself liefhet. Dit is die grootste gebod wat Hy ons as kinders van God vra om na te kom, om so sy goedheid op hierdie aarde te weerspieël.

Week 3 Uitdaging:

Wy jouself daaraan toe om hierdie week ‘n absolute betroubare vriend te wees. As jy van iemand skinder of iets deel wat jy nie moet nie, werk doelbewus daaraan om gewoontes op te bou wat liefde en vertroue in vriendskap kweek, in plaas van onenigheid.

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse