Ware Vryheid

 

 

Ek het verskillende werke gehad, sommige was betalend en ander nie. Die vreemdste, maar waarskynlik die lekkerste werk wat ek ooit gehad het, was om ‘n ‘Lewende Geskiedenis Tolk’ by ‘n museum te wees. Vir hierdie werk het ek aangetrek en gepoog om soos ‘n Georgiese dame wat in die jaar 1776 geleef het te praat!

Wanneer ons voor uitdagende werksomstandighede te staan ​​kom, dink ons dalk dat om te werk (sowel in betalende werk as in en om die huis) ‘n gevolg is van sonde wat die wêreld binnegedring het. Genesis 2 wys duidelik dat dit nie die geval is nie. In vers 7 blaas God lewensasem in Adam se neus, en dan skep die Here in vers 8 vir Adam ‘n vrugbare plek in Eden, en plaas Hy hom daar om ‘dit te bewerk en op te pas’ (v 15).

Werk op sigself is nie ‘n slegte ding nie. Ons kry ‘n blik hierop wanneer dit goed gaan, ons werk die moeite werd voel of ons pogings waardeer word. Maar die waarheid bly, werk is dikwels moeilik. Dit is moeilik gemaak en verhoudings is gespanne as gevolg van die sondeval (ons kom later in die studie hierby). Genesis 2 herinner ons daaraan dat ons ‘n positiewe houding teenoor werk moet hê. Laat Kolossense 3:23 jou bemoedig, “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,”

Saam met die werk wat God vir Adam gegee het, het Hy hom ook ‘n opdrag gegee: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie.” God het vir Adam gesê as hulle daarvan eet sal hulle doodgaan.

Ons fokus dikwels op die een boom waarvan Adam nie mag geëet het nie, en gegewe die gevolge vir ons almal, is dit reg dat ons dit doen. Ons moet egter ook onthou van die oorvloed bome waarvan Adam vryelik kon eet. “Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet uit die grond laat uitspruit …” (Genesis 2:9). Ons kan ook gefokus raak op wat ons nie kan doen nie, eerder as op die oorvloed van goeie geleenthede wat ons gebied word.

Die Here het hierdie bevel aan Adam gegee ten goede ten einde sy lewe te bewaar. Netso ook met sy opdragte vir ons. Soos ons in Psalm 19 lees, dit is vir ons beswil, omdat dit ons wysheid en insig gee, betroubaar en regverdig is en ons selfs vreugdevol maak!

Sien jy ook die Here se opdragte in hierdie lig? Ons dink dikwels dat vryheid kom wanneer ons ons eie reëls maak terwyl vryheid eintlik kom wanneer ons volgens die Here se liefdevolle weë wandel.

Stel jouself voor dat daar aangekondig word dat al die padreëls van môre af nie meer geld nie. Jy sal nie meer onderworpe wees aan die vele wette wat bepaal wat jy mag en nie mag doen met jou voertuig wanneer jy van een plek na die volgende ry nie. Jy kan die snelheid kies waarmee jy wil ry en die kant van die pad waarop jy wil ry. Jy kan kies by watter kleur verkeerslig jy wil stop of ry. Jy kan parkeer waar jy wil. Klink vir my wonderlik! Geen boetekaartjies nie, en eenrigtingpaaie is altyd in die rigting wat jy wil ry!

Maar die probleem is dat almal vry is om hulle eie reëls te maak. Jy sal vinnig agterkom dat dit nie maklik is om van een plek na ‘n ander te ry nie, want jy moet ‘kop hou’ met al die ander padgebruikers en hulle ‘reëls’. Bestuur sou baie gevaarliker wees, selfs om naby ‘n pad te loop. Dit sou chaos wees!

Bestuurvryheid kom wanneer ons almal die reëls wat in ons land geld, ken en volg. So is dit ook met ons lewens. Vryheid kom wanneer ons na ons wonderlike Hemelse Vader, wat volmaak is en wat ons liefhet en ons beter ken as wat ons onsself ken, luister en Hom gehoorsaam! Hy begeer die beste vir ons en Hy gee vir ons opdragte vir ons eie beswil, om vir ons regverdigheid, vreugde, wysheid, insig en morele leiding te gee.

Soos ons vandag probeer om uit te leef wat die Here ons in liefde beveel het, moet jy die oorvloedige voorsiening van die Here vir jou in gedagte hou. Verbasend genoeg is ons selfs geseënd wanneer ons kies om op sy liefde te reageer in vertrouende gehoorsaamheid.

Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. – Jakobus 1:25

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse