Wanneer planne nie uitwerk soos ons dit wil hê nie

Wanneer planne nie uitwerk soos ons dit wil hê nie

Deur Whitney / 24 September 2019/ Ester

Ek het ‘n jonger sussie.

Sy is pragtig, ruimhartig, skreeusnaaks en sy het die mooiste hare. Haar hare…regtig! Sy soek hoog en laag vir die perfekte geskenke vir haar vriende, sy sê amper nooit “nee” wanneer dit in haar vermoë is om te help nie, en sy het Jesus lief met alles wat sy het.

En haar somer het nie uitgedraai soos sy gedink het dit sou nie.

In April is haar ses-jaar oue seuntjie gediagnoseer met kanker. ‘n Kanker wat aggressiewe chemoterapie vir vier maande as ‘n binnepasiënt sou vereis. ‘n Kanker wat sou beteken om na ‘n ander provinsie toe te gaan om nader aan die behandeling en familie te wees. ‘n Kanker wat vereis het om ‘n balans te probeer vind tussen hospitaal, werk en twee ander kinders by die huis, op ‘n hoeveelheid slaap waarop niemand moet probeer oorleef nie. ‘n Kanker wat ‘n uitdaging sal wees op die gemak en stabiliteit van die lewe wat so baie mense as vanselfsprekend neem.

Ek sal nooit die dag vergeet toe sy my gebel het om my die nuus te vertel nie. Ek kon nie ophou huil nie, en sy was aan die anderkant van die lyn besig om my te troos. Om my te vertel dat God goed is. Dit is net wie sy is.

Sy kon toegelaat het dat vrees, wrokke, woede of selfsug die oorhand kry. En wie sou haar werklik blameer? Maar elke keer as ek met haar gepraat het, het daar iets heeltemal teenoorgesteld van die omstandighede uit haar mond gekom. Haar reaksie op die lewe wat sy nooit sou beplan nie?

Sy het God geloof en sy het ander gedien.

Sy het openlik haar geloof gedeel op baie dapper maniere, konsekwent die fokus van haarself afgeneem en mense na Jesus gewys. Sy het haar gedagtes gevul met die waarheid van God se Woord en het dank betuig in beproewing op beproewing. Haar wese was een van vreugde, wat haar volle vertroue in haar kragtige God getoon het. Sy het dag en nag opofferend gedien in die hspitaal en sy het die rare oomblikke wat sy vir haarself gehad het, gebruik om geskenkies bymekaar te maak om ander pediatriese kankerpasiënte en hulle families te bemoedig.

Sy het oor en oor van haarself gegee, omdat sy, as ‘n dienaar van Christus, weet dat haar lewe bedoel is om weg te gee.

Weet julle wat die mooiste deel van dit alles is? Toe ek haar vra of ek haar verhaal met julle almal kan deel, was haar enigste versoek, “Maak net seker dat dit nie oor my gaan nie. Maak dit alles oor Jesus. Hef sy naam hoog op.”

 Dit is nie oor my nie. Wow.

Ester, Hoofstuk 1 vertel ‘n verhaal wat baie anders is. Koning Ahasveros se lewe was alles oor hom.

“By dié geleentheid het die koning al die rykdom waarmee sy koninkryk kon spog, al die prag en praal daarvan, honderd en tagtig dae lank vertoon.” ~ Ester 1:4

Sy koninkryk.

Sy majesteit.

Sy naam.

En toe al Ahasveros se beplanning en krag en selfvertroue vir hom nie gee wat hy wou gehad het nie?

“Toe het die koning baie kwaad geword. Hy was woedend” ~ Ester 1:12

Ek verstaan dit.

Ek hou van orde. Ek hou van voorspelbaarheid. Ek hou daarvan wanneer ‘n goeie plan uitwerk.

Dit alles voel veilig in die oomblik. Dit voel verantwoordelik. In beheer. Dit laat my nie té ongemaklik voel nie en dit red so dikwels my reputasie.

Maar wat is my reaksie wanneer dinge nie uitwerk soos ek dit wil hê nie? Sal ek “God loof en ander dien?” Of sal ek“kwaad en woedend word?”

Die wêreld sal ons vertel dat ons verdien om vas te hou aan vrees, wrokke, woede, uitputting en selfsugtigheid. Dit sal ons vertel om te veg vir ons gemak en ons reputasies. Dit sal ons vertel om uit te kyk vir onsself en om ons “koninkryke” ten enige koste eerste te stel.

Maar as ‘n dienskneg van God, is ek geroep tot ‘n ander standaard. Ek is geroep om God se soewereiniteit met ope arms aan te neem, selfs in minder as ideale omstandighede. Om ‘n lig te wees in ‘n wêreld wat desperaat nodig het om Jesus te sien. Om my lewe neer te lê, sodat my Verlosser se naam verhef kan word.

God, help my om te fokus op Waarheid in plaas van die beproewing.

Help my om dank te betoon in plaas van om in te gee tot vrees.

Help my om vreugde in plaas van woede te kies.

Help my om te vertrou in u krag, in plaas van my plan.

Help my om u naam op te hef, in plaas van my eie.

Wanneer iemand my verhaal vertel… mag hulle sê dat dit nooit oor my was nie, en alles oor Hom was.

“Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe…” ~ Psalm 115:1

By sy voete,

 

Kom ons gesels: Gaan jy op die oomblik deur ‘n moeilike tyd wat jou reaksie beproef? Hoe kan jy reageer op ‘n manier wat God eer?

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse