Wag op Hom

Wag op Hom

Deur Kaitlyn / 7 Desember 2020 / Ewige Verbond

‘n Paar jaar gelede het ek besef dat ek heeltemal te veel tyd op sosiale media spandeer. Wanneer ek hartseer, eensaam of onseker was, sou ek op Twitter of Instagram gaan en iets plaas wat ek geweet het die bevestiging sou gee wat ek nodig gehad het. Dan sou ek wag vir die positiewe reaksie en kommentare om my my daaglikse vertroue te gee. Vir die Vastyd daardie jaar het ek sosiale media prysgegee. Ek het gehoop dat hierdie seisoen weg van my verslawing af, nie net my verslawing sou verbreek nie, maar my ook sou help om aan my begeerte na menslike bevestiging te werk.

‘n Paar weke daarna was ek gefrustreerd en gedreineer. Ek kon nie agterkom wat aangaan nie, maar ek was gedurig in ‘n slegte bui. Na ‘n bespreking in een van my gunsteling klasse het ek huis toe geloop en soos ‘n totale mislukking gevoel. Dit is toe dat dit my tref: ek het al my begeerte na bevestiging van sosiale media na my prestasie in die klas verskuif. Ek het ‘n reël ingestel wat ek gehoop het, nie net my gedrag sou beteuel nie, maar ook my hart sou verander. Daardie reël het geen krag gehad om my te verander nie, dit kon slegs die diepgewortelde aard van die sonde in my hart openbaar.

Paulus het God se volk daaraan herinner dat die wet hulle nie kon herstel nie (Romeine 8:3). Dit kan hul sondigheid openbaar of die gevolge van sonde in hul gemeenskap in bedwang hou, maar dit kan hulle nie verlos of genees nie. Die wet kon die sonde nie verslaan nie, veral nie weens die sondige mense wat dit onvolmaak gebruik en toepas nie. Baie van die konfrontasies wat Jesus met die Fariseërs gehad het was nie as gevolg van hul liefde vir die wet nie, maar wel hul sondige gebruik daarvan: om hulself te regverdig om ander te onderdruk of om hulle bo God te verhef.

In hierdie seisoen van Advent oefen ons dieselfde verwagting uit wat die volk van God nog altyd beoefen het: die verwagting op die koms van die Messias, asook die verwagting van sy wederkoms. Die feit dat die wet nie kan verlos nie, het die weg gebaan vir die Goeie Nuus waarna God se volk altyd gesmag het. Christus het die menslike natuur aangeneem ter wille van die verlossing daarvan. Deur sy offerdood het ons hoop – ewige hoop en huidige hoop dat die Heilige Gees in ons sal werk om getrouheid en heiligheid te bewerkstellig wat ons nie alleen kan bereik nie.

Daar is niks verkeerd om reëls vir jouself op te stel nie, solank jy die beperkings daarvan ken. Na my besef in die middel van die Vastyd dat my reël nie my hart verander nie, het ek ‘n nuwe aksie vir die seisoen bygevoeg. Ek het my vas van sosiale media voortgesit, maar ek het doelgerigte tyd aan gebed en meditasie oor die Skrif bygevoeg. Die vas het my sonde geopenbaar, maar ek het die Heilige Gees nodig gehad om dit te ontwortel en my te herstel. Dit maak nie saak hoe goed ons reëls is of hoeveel krag ons bymekaar maak om dit te volg nie. Elke poging om die Christelike lewe sonder die Gees te lei sal op mislukking eindig. Hierdie Advent kan ons die eerste verwagting van God se volk beoefen – vir die komende Messias en die vryheid wat Hy ons gebring het – terwyl ons die tweede verwagting beoefen op sy wederkoms en ons volledige herstel.

Kaitlyn

Weeklikse Uitdaging:

Bid hierdie week en vra God om jou te help om enige iets uit jou verlede te bely en neem die genade wat Hy liefdevol uitdeel, met ope arms aan. Vra Hom om jou te help om die goeie te sien wat Hy uit jou pyn kan bring en hoe dit vir ‘n groter doel gebruik kan word. Skryf die gebed in jou joernaal neer en teken aan hoe God jou gebed verhoor.

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse