Hulle sal die eeue-oue puinhope opbou,
plekke herbou wat lankal verlate lê,
hulle sal verwoeste stede weer opbou,
plekke wat geslagte lank verlate lê.
– Jesaja 61:4
Een diepgaande waarheid waarvoor my hart oop was terwyl ek hierdie hoofstuk gelees het, was die feit dat almal gebou het. Almal was betrokke by die werk. Een persoon het nie alles gedoen nie. Een persoon het net genoeg gedoen en dan het die volgende persoon van daar af voortgegaan. Ek wens die liggaam van Christus kan hiernatoe terugkeer – waar ons mekaar nie afbreek, kwaad praat of afgunstig teenoor mekaar is nie, maar waar ons as lede van een liggaam bymekaarkom en mekaar opbou en geestelik opbou.
Vader, mag ons instrumente van eenheid wees wat wag op U wederkoms.
God is die groot Verlosser en Hersteller. Hy het herstel vir die Jode belowe wanneer hulle uit ballingskap terugkeer en Hy was getrou aan sy woord. Laat ek hier stilstaan en iemand aanmoedig: God herstel wat jy verloor het of wat van jou weggeneem is. Ek bid vandag dat barmhartigheid tot jou spreek.
Kom ons gaan terug. God het sy woord gehou van herstel vir sy kinders wanneer hulle sou teruggekeer, en toe hulle teruggekom het, was hulle land verwoes. Hulle tempel is vernietig, hulle huise is deur vreemdelinge oorgeneem en hulle landerye en wingerde is oorval deur onkruid en wilde diere.
Ons dien ‘n God wat nooit deur die probleme in ons lewens oorweldig kan word nie. Ek kan my voorstel hoe verpletter hulle moes gevoel het en hoe hulle gewonder het hoe dit alles weer gaan regkom, maar God het ‘n plan gehad en in sy teerheid het Hy hulle uitgenooi om saam met Hom te werk aan die herbou van hulle land.
As sy kinders roep God ons daagliks om saam met Hom te werk om die lewens van mense rondom ons te herstel en te herbou. As sy kinders is ons medebouers en arbeiders in sy wingerd wat deur pyn, hartseer en sonde geraak is.
Mense se lewens is in verwoesting. Ons nasies het verlate plekke geword gevul met elke vorm van korrupsie en boosheid. Mense neem nie meer hulle medemens in ag nie. Vriendelike woorde en dade is baie skaars. Goddeloosheid blyk aan om die orde van die dag te wees en boosheid is aan die toeneem.
Ek woon in Nigerië en net hier waar ek in hierdie klein hoekie van die aarde is, kan ek God se hand en voete van herstel wees. Dit kan so eenvoudig wees soos ‘n glimlag vir ‘n vreemdeling of ‘n “God seën jou: vir iemand wat dit nodig het. Dit kan gemeenskapsdiens wees of om uit my pad te gaan om seker te maak iets in my gemeenskap werk. Ek kan besluit om eerlik en openlik by die werk te wees en sodoende korrupsie te verminder. Ek kan besluit om altyd verkeersreëls en ander wette wat deur die regering opgestel word te gehoorsaam sodat ongelukke en lewensverlies verminder word. Daar is verskeie dinge wat ek kan doen om seker te maak dat God se planne en doelwitte vervul word net waar ek is.
Ons verse vandag het ‘n probleem gestel: die mure van Jerusalem moes herbou word. God het nie engele in die hemel gevra om die werk te doen nie. Hy het nie bekwame manne of sederhout uit Tirus gestuur nie. Nee! Hy het gewone mans en vroue gebruik wat gekies het om vir God beskikbaar te wees.
Ek wil altyd vir God bekikbaar wees vir wat Hy ook al in my tyd gedoen wil hê. Ek wil nie so oorweldig word met wat nie reg is nie dat my sintuie afgestomp is oor hoe God my kan gebruik, soos wat Hy die mense in vandag se verse gebruik het om die mure te herbou. Terwyl ek hier skryf vra ek God om my sensiftief te maak vir sy werk rondom my. Ek wil nie selfsugtig wees nie. Ek wil met God werk waar en wannneer Hy my nodig het.
God verwag dat ons dien as sy hande, ore, voete en oë in ons klein hoekies van die aarde.
Liewe Vader, mag ons altyd saam met U werk. Amen.
Verlosser en Hersteller
Ebos Aifuobhokhan