Sy Ontwerp

 

 

Hierdie week vra my ses-jarige dogtertjie vir my: “Mammie, hoe groot dink Mammie was die rekenaar wat vir God gehelp het om mense te maak?”

Dit was so ‘n onskuldige vraag en ‘n kosbare oomblik om haar te leer. Dit het die kontras tussen hierdie verse en die maatstaf van ons daaglikse lewe so duidelik uitgewys.

 “Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.”  (Gen. 2:7)

God het nie vir Amazon Prime gebruik om jou vinnig hier te kry nie, Hy het nie ‘n rekenaar gebruik om sommer net aan jou enige karaktertrekke te gee nie. En Hy het nie sy werk delegeer nie.

Jy is gemaak presies wie jy is, omdat God jou so ontwerp het. Jy is wie jy is omdat God jou so gemaak het.

Ons handewerk is baie privaat en intiem. Dink net hoe jy jou verlustig in ‘n handgeskrewe brief, ‘n tuisgemaakte geskenk en hoeveel jy ‘n tuisgemaakte maaltyd waardeer. Dink aan die vele maniere hoe jy jou kinders vashou, jou man aanraak, jou vriende ‘n drukkie gee…. Almal verskillend, maar almal ‘n uitdrukking van jou toewyding, liefde en versorging.

Die werk van ons hande is intiem. Maar die werk van God se hande is heilig.

God se hande het elkeen van ons geskep. Hy het elke persoon doelbewus en perfek geskape.

Dit is moeilik vir my om die grootsheid van hierdie volmaakte werk te verstaan. Daar is immers baie mense wat  die aarde bewandel. Elke persoon is ‘n nuwe meesterstuk. Elke detail is doelbewus so geskape.

Dit is vir my ook ‘n inspirasie en maak my nederig om te besef dat God verkies het om aan mense ‘n belangrike en verhoogde posisie in sy wêreld te gee.

Van watter belang is die menslike ras, dat jy dit behoort raak te sien? Hoe belangrik is die mens, dat jy aandag aan hulle behoort te gee?

“As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon.” (Psalm 8:4-6)

Laat vandag se verse bietjie by jou talm. In ‘n tyd waar so baie mense ongeliefd en ongesiens voel, laat ons die waarheid leef en deel. God het elkeen van ons so uniek geskep. “U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande” (Jesaja 64:8). God het sy hande vuil laat raak vir jou. Hy was geduldig. Hy het sagkens gewerk, maar het geweet waar groter druk nodig was. Hy het geweet en weet steeds hoeveel vuur nodig is om ons te verfyn.

Ons is elkeen gemaak na sy beeld. Mag ons sy genade sien en sy ontwerp vertrou wanneer ons na onsself kyk en mag die wêreld ‘n glimps van God in ons sien.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse