Steeds Getrou

Steeds Getrou

Deur Kelli / 14 Desember 2020 / Ewige Verbond

“So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.”

— Luk. 1:25

Ek is absoluut gaande oor ‘n storie met ‘n goeie einde. Ek is altyd aan die lydende party se kant en ek sal langs jou met ’n pak tissues kom sit en saam met jou trane van vreugde huil, terwyl jy jou persoonlike getuienis oor God se getrouheid in jou lewe met my deel. Jy sal my nóóit verveel met sulke stories nie.

Een van my gunsteling herinneringe aan ons nuwe huis is toe ek op my seun, Ezra, afkom waar hy besig was om letters uit die alfabet-boks te haal. Hy het my nuuskierigheid geprikkel toe hy my vra hoe om die woord “gebou” te spel, maar wou my nie toelaat om na sy letterbord te kyk alvorens hy nie klaar was nie.

Later het hy my weer na sy kamer geroep en langs die venster gestaan en trots na sy ‘kunswerk’ gewys. Dit het gelees: “God het vir ons ‘n nuwe huis gebou.”

Ja!  Ek het daar en dan begin huil. My agtjarige seuntjie het self die kolletjies verbind tussen ’n tydperk van wag en die belofte wat God in ons lewens vervul het.

Ons het elke aand saam as gesin gelowig gebid terwyl ons in die huis gewoon het wat ons herinner het aan ‘n baie teleurstellende tyd in ons lewens. Ons het geweet dat God vir ons die regte huis sou voorsien wanneer Sy tyd reg was. Ek was nogtans verlam van skok, eintlik ongeloof, toe ons ‘n volle marksverwante aanbod vir ons huis ontvang het, terwyl ‘n splinternuwe huis (slegs 1.6 km vanaf ons huis) in die mark kom. Op presies dieselfde dag! Dis asof ek geglo het dat God dit kan doen, maar sou Hy dit regtig vir mý doen?

Ons lees van Sagaria en Elisabet in Luk. 1:6 – ‘n paartjie “hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.” Hulle was vertroud met die lang seisoen van wag.

In Lukas 1:18 het Sagaria vir die Engel gevra: “Waaraan sal ek dit weet?” Ek het myself dieselfde vraag afgevra. Daar was ‘n ware Engel in sy teenwoordigheid, dus twyfel ek nie dat hy die boodskap dat hulle ‘n seun sou ontvang, kon ontken nie. Blydskap en vreugde was verseker op pad, maar miskien, net miskien, was hy bang om weer te hoop. Hy het waarskynlik al opgegee in gebed. Alhoewel daar ‘n gevolg was vir sy ongeloof, het God steeds sy belofte aan Sagaria en Elisabet vervul. Of hy dit nou wou glo of nie, het God hulle steeds nie ontneem van sy volmaakte plan vir hulle nie.

Ek is so oneindig dankbaar dat God steeds getrou is, al is ons ontrou.

Ons dien ‘n Beloftehouer. Dwarsdeur die Bybel, van begin tot einde, sien ons dit. Die Here het sy belofte aan Sagaria en Elisabet gehou, selfs in hul oudag. Hy sal sy belofte aan jou ook hou en dit sal voorwaardelik tot uitvoer kom binne sy perfekte tyd, vir ons beswil.

God het nie net vir Elisabet met ‘n baba van haar eie geseën nie, maar Hy het ook haar skande (skaamte, verlies aan reputasie of respek) weggeneem. Dit is steeds die belofte wat ons in Jesus het: deur Sy dood en opstanding, is ons van sonde en skande verlos.

Ons verleentheid hou ons weg van God af. Ons sien hierdie toneel reeds vroeg in die Bybel in Adam en Eva se lewens afspeel. Van die begin af, was dit God se plan om sy Seun na die wêreld te stuur, ‘n ware hoop vir ons wanhopige harte.

Vandag is my gebed vir jou, dat jy nooit hoop sal verloor terwyl jy wag nie.  Jesus is by jou.  Hy droog jou trane af, Hy dra jou deur.  Jesus is ons hoop, selfs wanneer ons wanhopig voel.

En nuwe hoop vervul die hele aarde toe daardie nag gebore is die Heer! (Uit: Met Middernag Keer Feest’lik Weer)  

Kelli

Week 4 Uitdaging:

Voordat die gewoel van Kersfees oorneem, wy jouself daaraan toe om hierdie week elke dag tyd saam met God deur te bring. Hy is die rede waarom ons hierdie seisoen iets het om te vier! Watter beter manier om sy koms en opstanding te vier as om elke dag tyd saam met Hom te spandeer, om Hom te loof vir sy getrouheid en sy verbondsbeloftes asook vir die geskenk van Jesus. Laat jou lewe spreek van dankbaarheid vir sy getrouheid deur jou te verbind tot jou verhouding met Hom.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse