Sien die Tekens en Wees Verheug

Sien die Tekens en Wees Verheug

Lyli Dunbar

Ek het die oproep op my selfoon beantwoord en die stem aan die ander kant het ontsteld geklink. “Reën dit daar by julle? Is jy op die oomblik by die huis?”

Dit was my ma. Soos sy ouer word, het haar vrees vir dreigende katastrofes groter geword. Sy wou seker maak dat ek nie buite was nie en dat ek veilig was van alle skade.

Ek het onheilspellende wolke oor my huis gesien toe ek by die venster uitgekyk het. “Mamma, dit is net ‘n bietjie donker buite. Dis nie nodig om bekommmerd te wees nie.” 

Ek het die foon neergesit en het met ‘n frons op my gesig by die venster uitgestaar na die somber atmosfeer. Die dreigende storm in die lug het my nie banggemaak nie, maar ek het die vorige nag nie goed geslaap nie omdat ‘n storm in my siel gewoed het. My interne onrus het die angs wat ek in my ma se stem gehoor het, weerspieël.

Ek is redelik seker Jesus wonder waarom my geloof so klein geword het in die lig van my tydelike probleme. Waarom vergeet ek dat die almagtige God my Redder is? Ek is sekerlik veilig in sy sorg.

I sien in my geestesoog hoe my barmhartige Verlosser naby my staan en luister hoe ek bevraagteken hoekom al hierdie chaos rondom my plaasvind. Die teer fluistering van sy Gees help om my vrese te kalmeer: “My dogter, dit is net ‘n bietjie donker daar buite. Jy hoef nie bekommerd te wees nie.”

Ons Verlosser weet dat ons geneig is om bekommerd te wees en dit is hoekom Hy sekergemaak het om ons te laat weet dat ons nie die storm hoef te vrees nie. Die lug mag lyk asof dit gaan neerval, maar Hy hou die hele wêreld in sy sterk hande.

Liewe vriendin, is dit vandag donker by jou huis? Ek bid dat hierdie woorde van ons Verlosser sal help om die wanhoop opsy te sit en jou hande met verwagting op te lig. Die donker wolke mag dalk op die oomblik jou uitsig belemmer, maar een glorieryke dag, binnekort, sal ons Verlosser uit die hemel neerdaal om ons te red. Sy glorieryke verskyning sal jou onverwags tref as jy nie voorbereid is nie. Wees gereed. Hy kom terug om jou te red.

Kom ons hoor die hart van ons Verlosser in hierdie boodskap aan die dissipels. Ja, ons sal beproewinge in die gesig staar, maar elke donker skadu wys ons dat die tyd van sy wederkoms nader kom.

Dit is tydens die tussen-in seisoen wanneer ons mag wonder waarom die bome kaal is, maar ons bly glo en hou aan om ons oë op Jesus te hou. Ons sal spoedig ‘n blik kry van die nuwe lewe wat aan die kom is. Een dag sal ons in die hemel aan sy tafel sit en niks sal kortkom nie.  

In plaas van om vasgevang met vrees en verwarring te leef, wil Jesus hê dat ons ons oë afneem van die huidige storm. Wanneer ons opstaan in geloof en ons hande oplig met verwagtende hoop, vul Hy ons met sy vreugde.

Ons hoef nie afgerem te word deur die donkerte in hierdie wêreld nie. Jesus het ons reeds gered van sonde en Hy is met ons. Ons Verlosser sal nooit ophou om vir ons te veg nie en ons kan vertrou dat, op die einde sal die storms van die lewe vir ewig verdwyn in die lig van sy stralende lig.

Sien die tekens en wees verheug. Hef jou hart op en kyk na Jesus. In die lig van sy glorie, sal alle donkerte verdwyn.   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse