Oorkom Bekommernis

Oorkom bekommernis

Deur Jen / 23 Oktober 2019 / Ester

Die Koning en Haman gaan om saam met Ester te eet. Onthou dat nie een van hierdie twee mans op hierdie stadium geweet het dat sy ‘n Jodin is nie. Ek neem aan dat Haman gevoel het dat hy ‘n bietjie kan ontspan, ongeag van die gebeure van die vorige hoofstuk. Hy het geweet dat Mordegai ‘n Jood is en dat sy doodsvonnis geteken is en dat dit net ‘n kwessie van tyd was voordat die Jode vernietig sal word, Mordegai ingesluit.

Terwyl hulle by die banket was, vra die Koning vir Ester wat haar versoek is. Op hierdie punt moes Ester se hart so hard en vinnig geklop het. Dit was tyd om te openbaar wie haar mense is en om te vra vir hulle verlossing.

Ek is seker dat sy die aand voor die tyd baie senuweeagtig en moontlik angstig in die bed gelê het. Ek sou definitief. As dít wat sy sou openbaar, die Koning kwaad gemaak het, kon dit haar lewe kos. Ek is seker dat sy ‘n geruime tyd geworstel het met angs en vrees. Dit bring ons by vandag se vers.

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God. – Philippense 4:6

Ons moet oor niks besorg wees nie! Hoekom? Omdat bekommernis ‘n sonde is. Sjoe, dit is ‘n moeilike konsep vir ons. Dit is een van die sondes waarvoor Christus gesterf het. Hoekom is bekommernis ‘n sonde? Hier is ‘n paar redes:

  1. BEKOMMERNIS IS ONGEHOORSAAMHEID AAN GOD
    In Matteus 6 vertel Jesus twee keer direk vir ons om ons nie te bekommer nie, en maak nie saak hoeveel keer ons daardie verse lees nie, bekommer ons onsself nog steeds. Bekommernis is ‘n vorm van ongehoorsaamheid. Daar word nooit vir ons ‘n uitsondering hieroor gegee nie.
  1. BEKOMMERNIS WYS TWYFEL IN GOD
    Onthou wie jy is in Christus. Jy is aangeneem deur die Koning van Konings en Here van Here’s. Hy het aan ons ‘n onbegryplike erfenis gegee, Hy belowe om vir ons te sorg, om ons onvoorwaardelik lief te hê en om ons te regverdig. Hy belowe om vir altyd vir ons en met ons te wees. Glo ons werklik hierdie beloftes? Want as ons dit glo, het ons geen rede om bekommerd te wees nie.
  1. BEKOMMERNIS Sê DAT GOD ‘N LEUENAAR IS
    Nog erger as om bloot aan God te twyfel, sê bekommernis dat God ‘n leuenaar is. God het ons vertel dat alhoewel hierdie lewe nie maklik sal wees nie, Hy vir ons en met ons sal wees. Wanneer ons bekommerd is, sê ons aan God dat sy woord, sy beloftes nie waar is nie

Dit is ‘n feit; hoe ons ook smag na vinnige oplossings, daar is geen vinnige oplossing om te leer hoe om nie bekommerd te wees nie. Om bekommernis te oorkom, is ‘n proses, en dit gaan tyd en werk neem. Hier is ‘n paar maniere om bekommernis in ons lewens te oorwin.

  1. KEN GOD
    Ken ons werklik God se karakter? Is Hy almagtig? Is sy liefde alomvattend? Is Hy eerlik in alle dinge? Is Hy in beheer van alle dinge? Dit is nie genoeg om “ja” te sê nie, ons moet hierdie beloftes glo en daarin rus. Weet ons hoe hierdie beloftes saamgaan en sin maak van elke situasie in ons lewens? Een stap om bekommernis te oorkom is om elke fasset van God se karakter te bestudeer en dit op ons lewens toe te pas.
  1. BID EN HOU AAN BID
    Die antwoord vir ons angstige gedagtes word gevind op ons knieë. Dit mag baie onopwindend klink, maar wanneer ons bid, kom ons tot die troon van God, en nader ons Hom vir hulp in ons tyd van nood. Ons praat met Jesus, ons Hoëpriester en bemiddelaar. Ons het ten alle tye sy volle en onverdeelde aandag en Hy is gereed om te help (Hebreërs 4:14-16).
  1. BESTUDEER FILIPPENSE, OF MEMORISEER DIT SELFS
    Alhoewel hierdie boek in die tronk geskryf is, is die boek Filippense ‘n baie blymoedige en bemoedigende boek. J.R. Miller sê dat die woorde wat ons in Filippense vind, “goue woorde vir alle gelowiges is.” As ons geneig is tot bekommernis, sal hierdie ‘n goeie boek wees om te lees, te bestudeer en selfs te memoriseer.
  1. VERANDER JOU DENKE
    Wanneer ons bekommerd is, vra ons dikwels “wat as” vrae oor ons situasies. Maar “wat as” is nie werklik of waar nie. Soos Shakespeare gesê het, “vrese mag leuenaars wees. Meeste van ons bekommernisse is vals en oneerbaar. Ons moet nie net fokus op wat waar is nie, maar ook op wat goed is. Ons moet werklik ons gedagtes leer om die regte dinge te sien. Filippense 4 leer ons om te dink aan wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is. Somtyds is ons situasies so moeilik dat die enigste mooi en lofwaardige plek om jou oë op te rig, Jesus is. Hy moet altyd voor ons oë wees, sodat, wanneer ons na ons omstandighede kyk, kyk ons na dit deur die liefde, sterkte en krag van Jesus.
  1. LOOF DIE HERE
    Of dit is om op Sondae oggende saam met ander gelowiges bymekaar te kom om ons opgestane Here te aanbid, of eenvoudig om na lofliedere te luister in jou huis, deur ons harte tot God op te hef in aanbidding, sal ook ons wese en vertroue ophef. Christus-gesentreerde lofprysing sal ons wys na die kruis waar alles wat ons ooit sal nodig hê, gekoop is met ‘n baie kosbare prys.

Die waarheid is dat ons nie bekommernis vir altyd sal verban nie, maar ons kan kom tot op ‘n punt waar bekommernis nie ons harte sal oorneem nie. Waar ons die tekens van bekommernis sien inkruip in ons lewens in, moet ons dit vertrap onder voete van die evangelie. Dit sal nie maklik wees nie, maar met God is alles moontlik.

Kyk na Jesus,

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse