Ons Sekuriteit vir die Ewigheid – Inleiding

Die Evangelie van Johannes is ‘n volledige weergawe van Jesus se bediening. Dit verskil egter van die Evangelies van Matteus, Markus en Lukas. Hoewel elke Evangelie Jesus duidelik toon as die Seun van God, die Messias van die wêreld, beklemtoon elkeen verskillende aspekte van Jesus se bediening. Die Evangelie van Johannes fokus op sewe tekens wat Jesus gedoen het asook sewe aansprake wat Hy gemaak het. Hierdie tekens en aansprake komplimenteer Johannes se hoofboodskap: Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe.

Die boek word in drie hoofdele verdeel: Jesus se openbare bediening (1:19–12:50), Jesus se private bediening (13:1–17:26) en Jesus se beproewinge, dood en opstanding (18:1–21:25). In die eerste gedeelte openbaar Jesus Homself aan die publiek deur middel van sewe wondertekens en vyf uitsprake. Die laaste twee uitsprake oor Homself word in die tweede gedeelte gemaak, tydens Jesus se private bediening aan sy dissipels. Laastens onthul die derde gedeelte bewyse van Jesus se godheid in die beskrywing van die gebeure van sy dood en wonderbaarlike opstanding.

Die skrywer van die Evangelie van Johannes word nie pertinent in die boek geïdentifiseer nie, maar hy verwys wel na homself as “die dissipel vir wie Jesus liefgehad het” (Joh. 21:7). Geleerdes het tradisioneel saamgestem dat die apostel Johannes die skrywer was. Hierdie Evangelie word tipies baie later gedateer as die ander, tussen 85 n.C. en 95 n.C.

Terwyl ons die Evangelie van Johannes bestudeer, is ons uitdaging om dit met vars oë te lees. Eerder as om die teks te benader met alles wat jy dalk reeds oor die lewe en bediening van Jesus weet, lees dit asof dit die eerste keer is wat jy dit lees. Johannes het verwag dat sy lesers van Jesus sou gehoor het, ten minste van sy dood en opstanding, maar hierdie Evangelie vul baie besonderhede in en bewys waarom Jesus die Seun van God is. Terwyl jy hierdie Evangelie lees, lees dit as literatuur, hou die karakters, milieu en storielyn in gedagte. Johannes het ‘n sentrale boodskap gehad om aan sy lesers oor te dra: Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe. Kom ons bestudeer hierdie Evangelie en laat God se Woord toe om ons harte en gedagtes te transformeer terwyl ons ontdek wie Jesus is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse