Ons begeerte na belangrikheid

 

Ons begeerte na belangrikheid

Deur Joy Forney | Oktober 16, 2019 | Ester

“Verder het Haman gesê: “En dit is nie al nie, koningin Ester het selfs niemand behalwe vir my saam met die koning uitgenooi na die maaltyd wat sy voorberei het. Ek is ook vir môre saam met die koning deur haar uitgenooi. 13 En tog bevredig dit alles my nie so lank ek die Jood Mordegai in die poort van die paleis sien sit nie.” – Ester 5:12-13

Ai, Haman. Die skurk in die verhaal, die een wat ons bitter graag sal wil verag. Die trotse bedrieër. As dit ‘n Disney-rolprent was, sou daar onheilige, duistere musiek begin speel het wanneer Haman op die toneel verskyn.

En tog.

Ek kan nie help om jammer te voel vir die skurk nie. Haman het bo alles gehunker na belangrikheid. En nie net om belangrik te wees nie, maar ook om as belangrik gesien te word deur ander. Hy het nogal heel verwaand gevoel dat hy alleen saam met die twee koninklikes na die maaltyd ontbied is. Maar Mordegai het ‘n manier gehad om vir Haman dwars in die krop te steek. Toe Haman vreugdevol en opgeruimd uitgaan en Mordegai sien wat weer nie voor hom opstaan om eerbied te bewys of voor hom bewe nie, was hy woedend {Ester 5:9}. Mordegai bewys Haman weereens nie behoorlike respek nie, en dit maak Haman kwaad. Aangesien Haman se ego so broos is, het dit nie veel geverg om hom oor die muur te stuur nie.

“Sy emosionele snare word deur sy afgod, wat openbare respek was, geroer. Terwyl daardie afgod gevoer word, voel hy goed; maar toe sy afgod uitgedaag word, het dit hom tot boosheid en woede gelei…”

“Sy vreugde en sy woede was bloot die uiterlike uitdrukkings van afgodediens van sy hart.” {Ester en Rut deur Iain Duguid}

Haman is ‘n ware toonbeeld waarmee ons onsself kan vergelyk. Hy het ‘n afgod van iets gemaak, en sy hele emosionele welstand is aan hierdie afgod gekoppel. Daar was altyd ‘n leemte te midde van alles, veral as iets (soos Mordegai) sy gevoel van openbare aansien aangetas het.

En tog sien ek myself in Haman. Hoe vinnig val ek in hierdie strik van afgodery en soek na belangrikheid buite my identiteit in Christus. Sien jy jouself? Wat is dié afgod in jou lewe waaraan jy desperaat vasklou om aan jou betekenis te gee?

Hier is ‘n paar belangrikes:

  • Is dit uiterlike voorkoms of gewig?
  • ‘n Behoefte om op sosiale media goedgekeur te word of van gehou te word?
  • ‘n Behoefte om alles onder beheer te hê en ook om so gesien te word?
  • Om gewild te wees of om in sosiale groepe aanvaar te word?
  • Of {vul die leegte in}?

Die goeie nuus, nee, die WONDERLIKE NUUS, is dat die evangelie ons behoefte aan belangrikheid beantwoord het, die vermoë om waarde te vind buite wat ander oor ons dink. Ons het ‘n God wat ons liefhet, maak nie saak wat nie, en selfs ten spyte van ons sonde. Ek wens ons kon teruggaan en dit aan Haman vertel… dat dit nie saak maak hoé hard jy probeer nie, vriend, jy sal nooit tevrede wees solank jy buite Christus betekenis najaag nie. Dat, soos Augustinus gesê het, “U het ons vir U self gemaak, en ons hart is rusteloos totdat hy in U rus gevind het.” Maar ek is nie seker dat hy sou geluister het nie.

Daarenteen het ons die geleentheid om ons te bekeer van ons afgodediens en ons harte terug te keer na Christus.

Laat ek jou dus vra? Wat is dié ding in jou lewe waarna jy hunker om betekenis te vind? Het dit jou bevredig? Laat ons in die kommentaar daaroor praat!

Alles vir Jesus,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse