Net omdat ons kan, beteken dit nie dat ons moet nie

Net omdat ons kan, beteken dit nie dat ons moet nie.

Deur Angela / 30 Oktober 2019 / Ester

Na maande van wag, het die son uiteindelik losgebreek van die nag, en die gevreesde dag breek aan, die dertiende dag van die twaalfde maand, die maand van Adar.

Maar God, in sy ongelooflike betrokkenheid in die verhaal van Ester, het die “bordjies verhang.”

Alhoewel Haman se bose plan nie gestop kon word nie, was die Jode in staat om hulself te verdedig teen die aanvalle van hulle vyand.

Die Jode, wat moontlik oorrompel sou word, het nou die hef in die hand.

Nou staan hulle bymekaar… verenig.

Dink vir ‘n oomblik wat die Jode moes deurgaan soos hulle maande gewag het vir hierdie dag om uiteindelik aan te breek. Elke sonsopkoms het hulle nader gebring aan hulle naderende lot. Soos dae in maande verander het, het die anti-Semitiese mishandeling, wat eerste met Haman begin het, elke dag net sterker gegroei.

Slapelose nagte het die norm geword en vrees het met elke naderende sonsopkoms vermeerder.

Maar God het die bordjies verhang op Haman se bose plan en die Jode het gereed gestaan om hulself te verdedig.

Gewapen met die nuwe edik wat deur Mordegai geskryf is, het die Jode ‘n keuse gehad om te maak. Sou hulle hulself eenvoudig net verdedig, of sou hulle weerwraak neem?

Die wêreld sê vir ons dat ons moet terugveg; “’n oog vir ‘n oog” is die oorlogskreed.

Maar die Jode kies om hulself in toom te hou en hulle gebruik eerder selfbeheersing.

“Op hulle besittings het hulle egter nie beslag gelê nie.”

Dit was ‘n reg wat hulle kon neem.

Die Jode is dieselfde vryheid gegee om dood te maak en te plunder, as wat hulle vyande gegee is deur Haman, tog kies hulle om dit nie te doen nie.

Hulle verdedig hulself en hulle families van hul vyande, maar hulle het gestop en nie die land van wraak binnegegaan nie. Alhoewel hulle die reg gehad het, het hulle nie die eiendom van hulle vyande geplunder nie.

Wat moet ons reaksie wees wanneer God die “bordjies verhang” in ons guns? Moet ons op dieselfde manier as die wêreld weerwraak neem? Moet ons wraak soek?

Net omdat ons dit wettiglik kan doen, beteken dit nie dat ons dit moreel moet doen nie.

Dit is wat ons sien in Ester 9:1-10

Die Jode het wettiglik die reg gehad om enige iemand en almal wat teen hulle te staan gekom het, dood te maak en om hulle goed te plunder. Maar net omdat hulle die reg gehad het om iets te doen, beteken nie dat die die regte aksie is om te neem nie.

Wat is ons reaksie teenoor diegene wat beplan om ons skade te berokken?

 Kyk na God en bring alles wat op jou hart is, na Hom toe in gebed.

 Plaas jou seerkry, jou pyn, jou hartseer in sy hande … en laat dit daar.

En wanneer dit alles opkook in jou hart, want dit sal… weer en weer, hou aan om dit vir Jesus te gee.

Vertrou Hom.

Kies geloof bo jou vrees.

En onthou, soos in Ester, alhoewel jy God dalk nie sien nie, het Hy jou nie verlaat nie. God is aan die werk in jou lewe, Hy het ‘n plan en ‘n doel en eendag sal Hy jou hartseer in vreugde verander!

Hê God Groots Lief!

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse