‘n Erfenis van Geloof

‘n Erfenis van Geloof

Wat is geloof? Hebreërs 11:1 sê: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

Het jy al ooit stilgestaan en gedink hoe geloof in ‘n familie ontwikkel? Wat is die verhaal van geloof – of gebrek aan geloof – in jou familie en in die gemeenskap waarin jy grootgeword het? Jy is vandag hier, maar die meer belangrike vraag is: watter geloofsverhaal leef jy? Wat leer jou kinders en die mense wat saam met jou werk wanneer hulle na jou luister en sien hoe jy jou daaglikse lewe leef?

Tot op hierdie punt het ons die lewe en getrouheid van Abraham bestudeer, maar vandag se verse dien as ‘n oorgangspunt na die volgende generasie van God se verbond met Abraham se familie – deur Isak. Abraham was nie ‘n volmaakte man nie, maar hy was ‘n man van groot geloof. Sonder om te stry of te pleit, het hy gewilliglik aan God se versoek om sy enigste seun te offer, voldoen en hy het gewilliglik sy geboorteland verlaat vir ‘n onbekende bestemming.

Hebreërs 11:8-10 sê: “Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom ergename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.”

Ons het geleer van Abraham se geloof, maar in die volgende paar weke gaan ons ook sien hoe Isak en Jakob hulle geloof getoon het. Elkeen van hierdie manne word individueel geprys vir hulle geloof in Hebreërs 11.

Ek dink die seuns het van hulle vaders geleer. Ek kan my voorstel hoe Isak, terwyl hy in ‘n tent gewoon het, vir sy vader gevra het hoekom hulle ooit hul tuiste verlaat het om so ‘n vreemde reis te begin. Die eenvoudige opsomming van Abraham se antwoord moes iets gewees het soos: God het gesê om te gaan, en ek het gehoorsaam. Ek dink aan daardie selfde jong Isak wat die verhaal gehoor het van hoe sy vader hom geneem het om te offer (sjoe! hy het dit tien ten een onthou, omdat hy oud genoeg was om te praat tydens hierdie gebeurtenis in Genesis 22). Hy moes gewonder het hoekom sy vader ooit iets so wreeds kon oorweeg het. Weereens sou die opsomming gewees het – God het gesê om dit te doen en ek het gehoorsaam. Jy is gespaar omdat “die Here voorsien” (Genesis 22:14).  

Dink jy nie daardie lewenservaringe het gehelp om Isak se geloof te vorm en te louter nie? Ek dink definitief so. Elke getroue (maar onvolmaakte ) man het gehelp om dié wat na hom kom, te help vorm.

Op baie maniere kan geloof van generasie tot generasie oorgedra word. Ons kan nie waarborg dat ons kinders of kleinkinders gered sal word nie, maar ons kan doelgerig wees om getrou te leef. En wanneer ons dít doen, word ons geloof gesien en ervaar, en skep dit ‘n erfenis wat langer sal voortduur as ons tyd hier op aarde.

Die woorde van ‘n lied van Steve Green uit die negentigerjare beskryf dit so goed:

“O may all who come behind us

Find us faithful,

May the fire of our devotion

Light their way.

May the footprints that we leave,

Lead them to believe,

And the lives we live

Inspire them to obey.”

Ek bid dat ons dapper genoeg sal wees om lewens te leef wat op geloof gebou is, want deur dit te doen, verheerlik ons God terwyl ons hier op aarde is en laat ons erfenisse van geloof na wat aanhou om mense na Jesus toe te lei, selfs as ons nie meer hier is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse