‘n Beter Verbond

‘n Beter Verbond

Deur Jen / 26 Oktober 2020 / Jesus, ons Alles

Onthou jy die verhaal van Moses wat ‘n berg opgegaan het en die tien gebooie van die Here ontvang het? Wel, daardie tien wette was nie die enigste wat God vir Moses gegee het nie. Terwyl Moses op die berg Sinai was, het God ‘n manier geskep vir mense om met Hom en met mekaar om te gaan. Indien daardie wette verbreek was, was daar gevolge. Hierdie was ‘n verbond van werke, dikwels die “ou verbond” genoem.

‘n Verbond is ‘n ooreenkoms wat twee partye aangaan met ‘n swaar straf indien die ooreenkoms ooit verbreek sou word. Dikwels was die straf vir die verbreking van ‘n verbond die dood.

Kom ons kyk nou na die tyd van die Nuwe Testament. Die skrywer van Hebreërs verduidelik aan die Joodse mense dat daar nou ‘n nuwe en beter verbond is.  Die rede is omdat die ou verbond onmoontlik was om te hou.

Aanvanklik was die Israeliete opgewonde oor die wette wat vir hulle gegee is. “Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die Here en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: “Al die woorde wat die Here gespreek het, sal ons doen.” (Eksodus 24:3). Maar hierdie verbond het afgehang van die gehoorsaamheid van die mense en dit het nie baie lank geneem voordat hulle gefaal het nie.  Die ou verbond wys dat God volmaaktheid vereis en as gevolg van sonde, is mense nie in staat om te gehoorsaam soos God vereis nie.

In Jeremia 31 het God belowe dat Hy ‘n nuwe verbond sou oprig, en dit is waarna die skrywer van Hebreërs verwys in hoofstuk 8. “Want Hy berispe hulle en sê: ‘Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring…” (Hebreërs 8:8). God het geweet dat ‘n nuwe verbond nodig was. Dit het Hom nie verbaas nie, dit was heeltyd deel van die plan.

Wat is hierdie nuwe verbond? Die nuwe verbond word ook genoem die verbond van genade. Hierdie verbond berus totaal op die genadewerk van Jesus. God maak weer ‘n ooreenkoms met sondaars, maar hierdie keer word die verbond nie verbreek deur ons ongehoorsaamheid nie.  Jesus sê: “Dit is volbring!”

Deur sy lewe, het Jesus die wette van God volmaak gehoorsaam, deur sy dood het Hy self die straf op Hom geneem omdat ons nie God se wette gehoorsaam nie.

“Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” – Matteus 26:28.

Deur sy opstanding, gee Hy ons die krag en die wil om sonde te beveg en om God te gehoorsaam.

Hierdie verbond is ‘n beter verbond want Jesus is beter as alles wat voor Hom daar was, wat gewys het op sy koms. Dit is iets om elke dag voor dankbaar te wees, omdat ons nie een enkele ding hoef te doen om God se guns te wen nie, dit is alles net genade, nie werke nie.

Kyk na Jesus,

Weeklikse Uitdaging: 

Elke jaar word daar van die volk van Israel verwag om offers na die tempel te bring om versoen met God te wees. Hierdie offers was nie genoeg om hulle voortdurend van sonde te reinig nie, maar dit was noodsaaklik om dit elke jaar te herhaal. As gevolg van Christus se enigste offer, is ons vir ewig versoen met God. Daar is niks wat ons hoef te doen om onsself in versoening met Hom te bring nie. Ons streef egter dikwels daarna om God se guns in ons alledaagse lewe te verdien. Maak hierdie week ‘n lys van die maniere waarop jy jouself probeer versoen met God of jou posisie met Hom probeer verbeter. Bely dat jy na Hom streef, vra Hom om jou te wys hoe Sy liefde vir jou niks met jou werke vir Hom te doen het nie.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse