‘n Beter Verbond

‘n Beter Verbond

Deur Kelli / 10 Desember 2020 / Ewige Verbond

Daarom is Hy ook die Middelaar van ‘n nuwe verbond. Sy dood het plassgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang.

— Hebreërs 9:15

Een kort sinnetjie wat almal een Sondag aan die lag gehad het, was toe my predikant sy preek begin met: “Kan ons almal saamstem dat wanneer ons die woord “daarom” sien, dit dáár is óm ‘n rede?” Ek dink nie dit het ons laat lag omdat dit noodwendig snaaks was nie, maar dit was meer die besef dat ons neig om belangrike leer-oomblikke te onderskat.

Hierdie waarheid het my regtig bygebly, en van daardie dag af, wanneer ek ‘n voegwoord of ‘n byvoeglike bywoord aan die begin van ‘n vers teëkom, maak ek ‘n punt daarvan om te stop en op te let wat word herhaal of waarop word klem gelê, tot my voordeel en begrip. Dit is ‘n woord wat altyd die werk van God bymekaarbring. Dít wat die Bybel herhaal, moet as baie belangrik beskou word! Mag ons dit nooit miskyk nie!

“En so is Hy die Middelaar ….”

Wat is ‘n middelaar?

Wat is bemiddeling?

Wie het dit nodig?

Ongelukkig het ek meer oor familiereg en die regstelsel geleer as wat ek ooit wou weet. Ek het die afgelope paar jaar gereeld my tyd by ‘n middelaar deurgebring toe ek deur ‘n hartverskeurende seisoen van egskeiding is. Die doel van ‘n middelaar is om groot konflikte te probeer oplos, wat gereeld daartoe lei dat beide partye kompromieë aangaan om die geskil te besleg.

Ons het almal ‘n Middelaar, en Hy is Jesus.

Hierdie is ‘n ander soort bemiddeling en Hy is ‘n ander soort middelaar as wat jy al in ons gebroke wêreld mag ervaar het. Jesus onderhandel nie oor ‘n middeweg of soek nie na ‘n kompromis wat ‘n heilige God en ‘n sondige mens kan saamstem om nie mee saam te stem nie.

Sonde staan tussen ons en God. Sonde is ‘n ernstige oortreding en ons is die oortreders. Sonder ons Middelaar is ons bestem vir ‘n ewige lewe in marteling, aangesien redding van ons sondes op ons eie onmoontlik is. Geen hoeveelheid goeie werke of kopkennis sal ons ooit regverdig genoeg maak om voor ‘n heilige God te staan nie. Die Christelike lewe gaan nie oor die dinge wat ons doen nie, maar om die verhouding wat ons met Jesus ontwikkel.

Die breek van die brood waarvan ons in Matteus 26:26 lees, dui op die geslaan, deurboring en breek van Christus se liggaam aan die kruis. Hy het geweet dat hierdie offer nodig was om die nuwe verbond wat die sondes van die wêreld sou bedek, te vervul. Daarom het Jesus deur die kruisiging die middelaar tussen ons en God geword. Jesus is die skikking; sowel die middelaar as die bemiddeling. Hy maak al ons onreg, weer reg. Hy is ons bedekking, ons verdediger, en sonder Hom het ons geen hoop op die ewige lewe saam met Hom nie.

Maar daar is hoop!

“Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus”  (1 Timoteus 2:5).

“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees“  (2 Korintiërs 5:21).

As gevolg van die werk van Christus aan die kruis het ons direkte en onmiddellike toegang tot ons hemelse Vader. Jesus bied ons vergewing van ons sondes. Wat ‘n geskenk! Ons word as waardig en waardevol beskou as gevolg van die prys wat Hy betaal het om ons met Hom te versoen. Sy kruisdood was dit alles werd. Hy is ons redding!

Kelli

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse