Lojale Vriende

Lojale Vriende

Vriendskap word wêreldwyd begeer, maar kan ongelooflik gekompliseerd wees. Nou praat ek nie van die hoeveelheid vriende wat jy op sosiale media het nie en ook nie van die sosiale groep vriende saam met wie jy by ‘n sportsbyeenkoms kuier of by ‘n formele skemerkelkie opdaag nie. 

Ek praat oor die een of meer vriende met wie jy ‘n wedersydse verhouding het soos die Bybel dit beskryf tussen Dawid en Jonathan. Die Bybel beskryf die lojaliteit, toegeneentheid en opoffering tussen hierdie twee mans. Ter wille van hulle vriendskap, het Jonathan agteraf planne beraam en selfs sy pa (die koning van Israel) vermaan.  Jonathan en Dawid se verbintenis was meer eg as ‘n ware bloedverwantskap.  Wat maak hierdie tipe vriende verskillend van ander?

Hulle ken jou

Nie net oppervlakkig nie, hulle ken jou drome, die geraamtes in jou kas, jou verlede en jou swakhede.  En hulle is en bly steeds lief vir jou, ten spyte van…

Hulle daag op

Somtyds in persoon by jou huis of werk. Soms net deur ‘n foon oproep of teksboodskap aan jou.  Ten spyte van die skeiding wat deur tyd, afstand en selfs ‘n globale pandemie bestaan, is hulle steeds gereed om jou te help wanneer jy hulle ook al nodig het.

Hulle bid vir jou

Hulle tree vir jou in en vra God om jou te beskerm. Hulle bid ook vir jou gesondheid en vooruitgang.

Hulle spreek waarheid in jou lewe in

Wanneer ek dink aan my naaste vriende, word ek totaal oorweldig deur God se goedheid omdat Hy hulle in my lewe geplaas het. Sy onverdiende genade kan voortdurend gesien word in die maniere waarop hulle my liefhet en bemoedig. My geloof is sterker as gevolg van hulle invloed in my lewe.  Net so, is ek ook getrou aan hulle. Ek sal hulle kinders grootmaak sonder om twee keer daaroor te dink.  Hulle laste weeg net so swaar op my en ek is opreg bly oor hulle prestasies.

Ek wil nie sê dat vriendskap ooit perfek sal wees nie. Ons is almal sondige mense en ons word nie vrygestel om sondige, selfsugtige, afgunstige of  hartelose dinge te doen nie. Die satan weet ook hoe kosbaar vriendskap is, en hy probeer om spanning te veroorsaak, wat stremming op ons verhoudings plaas. 

Die verskil met hegte verhoudings is dat jy besef dat jy die vriendskap moet vertroetel en daarvoor moet wedywer om dit te behou. Dit is al die harde werk, die verskonings, die herbou en die opofferings werd. 

Ek wil hierdie ook graag byvoeg: Ek weet sommige mense wat hierdie lees, is eensaam. Miskien het jy nie ‘n opregte vriend in hierdie seisoen van jou lewe nie. Ek het ook al alleen gevoel in ander mense se teenwoordigheid. Weet dat ons graag wil hê die Lief God Grootliks Gemeenskap moet ‘n verwelkomende, veilige plek wees waar jy veilige verhoudings kan opbou. Jy is altyd welkom hier.

My gebed is dat ons elkeen bewustelik, lojale vriende sal wees en sal hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse