Ken jouself

Ken jouself

Deur Terria / 25 September 2019 / Ester

Hoofstuk 1 van die boek Ester is ‘n verhaal wat ons waarsku oor die gevolge van slegte besluitneming. In Ester 1:13-18 is daar baie lesse wat ons kan leer uit die dwase besluite wat Koning Ahasveros gemaak het.

Koning Ahasveros, beledig en verneder deur Koningin Vasti, laat sy raadgewers toe om sy leiding en sy aksies te bepaal. Die hoofamptenaar, Memukan, gemotiveer deur sy eie selfsugtige begeertes, stel voor dat hy die koningin verban. Dit was ‘n dwase besluit.

In die koning se verwronge gemoedstoestand, wat ‘n draaikolk was van alkohol, trots, woede en gegriefdheid,

het hy gefaal om homself te herken. Hy was nie in staat om op daardie tydstip sy eie rasionele besluit te neem nie. Inteendeel, Koning Ahasveros het sy outoriteit oorgegee aan raadgewers wat verkies het om hulself te bevoordeel, terwyl hulle essensieël sy huwelik beeëindig het.

Soos Koning Ahasveros, word dwase mense dikwels gelei deur hulle emosies. Dwase luister na die stemme wat pas by hulle emosionele intensiteit, en dit lei dikwels tot impulsiewe emosionele reaksies

Die wysheid van ‘n verstandige mens wys vir hom ‘n duidelike koers aan; die dwaasheid van ‘n dwase mens maak alles vals. – Spreuke 14:8

Dit is ‘n waardevolle les vir gelowiges. Dit is maklik om haastige besluite te neem gebaseer op ons self-gefokusde begeertes, ons wispelturige emosies en konstante groepsdruk.

Spreuke 14:8 leer ons dat die wyse mens sy weg verstaan.

Die wyse persoon weet wie sy is met Christus, maar sy is ook intens bewus van wat sy kan word sonder Christus.

Soos sy nader aan God beweeg, verkry sy nederige duidelikheid oor haarself.

‘n Wyse persoon identifiseer daardie kwesbare areas en blinde kolle in haar lewe en in haar gedagtes. Sy verstaan daardie swak areas waar sy verlei, gemanipuleer of mislei kan word.

As ons hierdie wysheid begeer, is die enigste plek waar ons dit ooit sal vind, by die bron van alle wysheid – God alleen.

Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? – Jeremia 17:9

Die sleutel om misleiding in ons lewens te vermy, is om elke gedagte, elke ervaring en elke besluit te filter deur die lig van God se Woord. In donkerte, besluiteloosheid, vrees of frustrasie, streef niks en niemand anders as God na nie.

Om God se Woord te ken en te glo, beskerm ons van misleiding en help ons van die versoeking om ons toewyding aan Hom op te gee.

Met baie hulp van die Heilige Gees en deur dit herhaaldelik toe te pas, sal ons vermoë om God en ons sondigheid duidelik te sien, met tyd meer sensitief word. Soos ons beter word om misleiding in ons lewens raak te sien, sal ons die vermoë hê om vinnig daardie dinge gevange te neem voor die waarheid van God. Donkerte kan nie voor die lig van God staande bly nie.

Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur. – Psalms 26:2

Hoe goed ken jy jouself?

  • Wat veroorsaak dat jy van God afdwaal of in sy goedheid twyfel?
  • Watter omstandighede het jou verlei om ‘n vinnige of desperate besluit te neem?
  • Het jy ‘n akkurate bepaling van wie jy is met en sonder God?

As ons nie oop is om die volle omvang van ons kleinheid en ons sondigheid te besef nie, sal ons nooit die omvang van God se grootheid en sy heiligheid besef nie.  

Hierdie kennis en begrip van onsself kan slegs gevind word in God alleen, want Hy is die Een wat ons innerlike wese ken en wat ons geskape het.

Ons moet nie vergeet dat God meesterlik die koning se dwase besluit georkestreer het sodat sy soewereine plan sou seëvier. Maak nie saak wat gebeur nie, God se planne kan nie gestop word nie.

Dit is bemoedigend om te weet dat wanneer ons faal in ons besluitneming – en ja, ons sal dikwels faal – God is steeds in staat om ons mislukkings te gebruik om ons geloof te versterk, ons nader na Hom te trek en ons selfs meer van sy genade, barhartigheid en vergifnis te leer.

Hoe kan ons vir jou bid vir leiding en wysheid met besluitneming?

Genade en vrede vir jou,

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse