Inleiding tot Ester

 

Inleiding tot Ester

Deur Angela | September 19, 2019

Die boek Ester is ‘n vreemde boek in die sin dat dit een van twee boeke in die Bybel is waar God nie by die naam genoem word nie. Hierdie feit hinder baie mense, sommige het selfs bevraagteken of dit in die kanon van die Skrif opgeneem moes word al dan nie.

“… alhoewel die naam van God nie daarin vermeld word nie, rig die vinger van God in baie fyn detail die gebeure om die bevryding van sy volk te bewerkstellig.’ ~ Matthew Henry

God hoef nie genoem te word nie, want sy werke is duidelik. Ons sien sy hand aan die werk deur al die besonderhede van hierdie fassinerende verhaal, reg van hoofstuk 1 af, met die verregaande partytjie van koning Ahasveros. Hierdie uitspattige gebeurtenis het die val van Koningin Vasti teweeggebring en die weg gebaan vir ‘n jong Joodse meisie om koningin te word. Deur Koningin Ester het God voorsien dat sy volk bewaar word.

Hierdie drama sal ons wegvoer na die Persiese hof van Koning Ahasveros, sestig jaar na die eerste terugkeer van die Joodse ballinge na Jerusalem, en nadat die tempel in Jerusalem herbou is. Ester vind plaas gedurende dieselfde tyd as die gebeure in Esra, wat die eerste en tweede terugkeer van die Jode uit die ballingskap in Babilon beskryf.

Op daardie tydstip is Ahasveros op die troon, en hy is ‘n magtige, welgestelde koning. Hy het hierdie rykdom van sy vader Darius geërf, en hy was nie skaam om daarmee te spog nie. Dis hier waar ons studie sal begin.

Die tema van die boek Ester is die sorgsaamheid van God vir sy mense.

Dit is ons hoop dat Romeine 8:28 ná ons studie van Ester lewend sal word vir ons. Ons bid dat die waarheid dat “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” vir ons meer betekenis sal hê en dat ons meer bewus sal wees van die sorgsaamheid van God in ons lewens. Ons verlang om volgelinge van Christus te wees wat vol vertroue is dat selfs wanneer God stil is, Hy steeds met doelgerigte presisie werk tot sy eer en ons beswil.

 Sluit by ons aan en leer saam met ons meer oor die karakter van God deur hierdie inspirerende boek. Mag ons die werking van God se hand in ons eie lewens sien en geïnspireer word om God des te meer lief te hê.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse